Site icon Grond tot Mond

Saai bekommerd oor grondeise

Die toename in die getal grondeise wat in die aanloop tot 2021 se plaaslike verkiesings weer aktief verwerk word, is vir die Suider-Afrika Agri-inisiatief (Saai) ’n bron van kommer.

“Dié verhoogde aktiwiteit word weerspieël in ’n toename in plaasbesoeke deur eisers en amptenare verbonde aan die grondeisekommissie, aanbiedinge aan grondeienaars en druk om hul eiendom teen minder as markwaarde te verkoop,” sê dr. Theo de Jager, direksievoorsitter van Saai.Saai is bekommerd oor die gebrek aan deursigtigheid in dié proses, veral omdat grondeienaars sukkel om basiese dokumente – soos eisvorms en die navorsing oor geldigheid van eise – van die DepartementLandbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling te kry. In die meeste gevalle wil dit voorkom of daar nooit navorsing gedoen is nie.Hoewel die Departement en veral die Grondeisekommissie die afgelope tyd herhaaldelik bloedneuse in die howe kry en verdoemende uitsprake oor gebrekkige administrasie en wanbestuur tot groot verleentheid gelei het, beur amptenare voort om grondeienaars buite die wetlike of voorgeskrewe prosesse te intimideer.Die hoofredes vir die kommer sluit in:

Saai het by verskeie grondeienaargemeenskappe in KwaZulu-Natal, Gauteng, Limpopo en Noordwes betrokke geraak om hulle van prosedurele en regsadvies te bedien, praktiese hulp by in loco-inspeksies te verleen en die geaffekteerde grondeienaars in die proses te ondersteun. “Terwyl grondeienaars individueel aan onbeholpenheid, korrupsie en wanbestuur in die Departement en die Grondeisekommissie uitgelewer is, is goeie organisering en kollektiewe aksie onontbeerlik om boere se belange te beskerm,” meen De Jager.


Exit mobile version