Site icon Grond tot Mond

Lamsvleis met ’n storie agter elke snit

Ses skaapboere. Ses lewens. Een gedeelde passie. Die nuwe dokumentêre TV-reeks Die Hart en Siel van Skaapboerdery bring die stories van ses inspirerende familieboere na kykers se huise – en hul produkte na die winkelrakke van Pick n Pay. Die reeks het op 16 Maart op kykNET afgeskop en is ook beskikbaar op DStv Stream en Catch Up.

Minki van der Westhuizen reis die land vol om die deelnemers van die Lamb Champs-kompetisie te leer ken – van hul uitdagings op die plaas tot hul oorwinnings in die kombuis. Vir die eerste keer word hul vleisprodukte landwyd versprei danksy Pick n Pay, wat ’n mylpaal vir boere is wat gewoonlik sukkel om hul prys te kry sonder groot landboubesighede se ondersteuning.

Hier is die ses inspirerende finaliste:

Hul vleis, gemerk met die Lamb Champs-logo, is nou beskikbaar in 63 Pick n Pay-winkels regoor Suid-Afrika.

Volgens Pick n Pay se bemarkingsdirekteur, Tessa Chamberlain, is die reeks deel van hul verbintenis om plaaslike familieboere regdeur die voedselketting te ondersteun. “Wanneer jy ’n pak lamsvleis optel, is daar ’n boer agter daardie snit. Iemand wat met trots en passie geboer het,” sê sy.

Francois Rossouw van SAAI beskryf die reeks as ’n storie van familie, vasbyt en tradisie. “Dis ’n uitnodiging aan verbruikers om te sien waar hul kos werklik vandaan kom,” sê hy.

Exit mobile version