Site icon Grond tot Mond

Boer jy anders? Jou naam hoort op dié lys

Is jy onder 40 en doen jy iets besonders in landbou? Of ken jy iemand wat met briljante idees, tegnologie of projekwerk die toekoms van Afrika se landbou help vorm? Dan is dit nou tyd om daardie uitskieter aan te wys!

Die African Agri Council (AAC) het pas hul “40 Under 40 Rising Stars”-inisiatief oopgestel en hulle soek jong mense wat regtig ’n verskil maak in die landbou wêreld. Dis jou kans om erkenning te kry vir harde werk, innovasie en impak regdeur die landbouwaardeketting – van boere en tegnologie-ontwikkelaars tot mentors, media, beleidmakers en entrepreneurs.

Wie kan inskryf?

As jy jonger as 40 is op 30 Mei 2025 en werk doen wat:

Jy hoef nie alleen ’n hele bedryf te verander nie, selfs klein stappies kan ‘n groot impak maak. Dit gaan oor invloed, nie roem nie.

Hoe werk dit?

Africa Gala Dinner

Dis gratis om in te skryf en maklik om te nominee. Vul net die kort vorm in op die AAC se webwerf. Of dit nou jý is, of iemand in jou dampkring wat dit verdien, moenie dié kans misloop nie.

Exit mobile version