Landbouleiers wys: saam is ons sterker
Agri Wes-Kaap het op 13 en 14 Augustus sy jaarkongres by Goudini Spa in Rawsonville gehou, en die tema – Die Krag van Verbintenis – was regdeur duidelik sigbaar. Van die gesprekke op die verhoog tot die sommer-net-geselsies in die gange, dit het alles gewys hoe belangrik sterk bande in die landbou is.

