All posts tagged: Noord-Kaap

Pomp-skenking bring nuwe lewe aan Nama Khoi se waterinfrastruktuur

‘n Samewerking tussen die privaatsektor, inwoners, maatskappye, en die Nama Khoi Munisipaliteit het gehelp om water aan dele van die Nama Khoi gebied te herstel. In reaksie op verouderde infrastruktuur, klimaatsuitdagings en begrotingsdruk, het die plaaslike pompverskaffer, KSB Pumps and Valves, ‘n belangrike rol gespeel deur ‘n Etanorm-pomp aan die munisipaliteit te skenk. Die pomp, bekend vir sy doeltreffendheid en betroubaarheid, het die waterpompstasie weer aan die gang gekry en sodoende die watertekorte in die gemeenskap verlig.  Volgens Andre Jonker, bestuurder van KSB se Upington-tak, het die skenking deel gevorm van ’n samewerkende poging om die Overberg se drinkwaterpompstasie te herstel ná ‘n pompbreuk. Die enigste oorblywende pomp kon nie op volle kapasiteit werk nie, wat lei tot wydverspreide watertekorte. Die herstelwerk het die doeltreffendheid van openbare-private vennootskappe beklemtoon, met verskeie ondernemings wat bygedra het tot die herstelwerk sonder enige koste. Die burgemeester, Rodney Kritzinger, het sy opregte dank uitgespreek teenoor alle rolspelers, wat die munisipaliteit byna R1 miljoen bespaar het. Hy het spesiale erkenning gegee aan Novatec, Copper 360, Springbok Motor Rewinds, en KSB …

Wingerd aan die woestyn se rant

“Ons het lankal agtergekom ons moet dieselfde as wat ons aan produksie spandeer, op ons mense uitgee. Hoe gemakliker hulle woon, hoe veiliger hulle voel, en die mate waartoe hulle deel van die onderneming is, verbeter hulle werksgehalte en produksie.” Die afgelope drie jaar ontwikkel Dawid en sy span kindersorg-fasiliteite, klinieke en opleidingsentrums – met rekenaars en wifi toegerus – waar werkers ná ure hul vaardighede en horisonne kan verbreed. Kosteloos.

Khamkirri – Plek van die luiperd

Laatmiddag sit ek saam met Danie en Flippie onder Khamkirri se driester lodge (vir my lyk dit nader aan vyfster te wees) se grasafdakke om die breë, hoefystervormige kroeg wat eweneens oor die rivier uitkyk. Visarende doen weer eens wat visarende doen en ons doen wat regdenkende mense om kroeë doen: teug aan nie-alkoholiese drankies en voer sinvolle gesprekke aangaande landboutoerisme.