All posts tagged: Sauvignon Blanc

Sauvignon Blanc SA se nuwe hoof: Elunda Basson neem die leisels oor

Op Internasionale Vrouedag (8 Maart 2025) vier ons vooruitgang en leierskap – en watter beter tyd om die nuus te deel dat Elunda Basson nou die voorsitter van Sauvignon Blanc Suid-Afrika is? Sy neem oor by RJ Botha, en met haar jare se ondervinding en passie vir wyn is dit ’n groot mylpaal vir die organisasie en vir Suid-Afrikaanse Sauvignon Blanc op die wêreldverhoog. Elunda is al van 2019 af keldermeester by Steenberg Vineyards, waar sy help om Constantia se wynreputasie verder uit te bou. Sy is bekend vir haar kundigheid in Cap Classique, het vir groot name soos Nederburg, Pongrácz en J.C. Le Roux gewerk, en het internasionale toekennings vir haar vonkel- en stilwyne ingepalm. ‘n Nuwe hoofstuk vir Sauvignon Blanc SA “Om by Steenberg te begin was vir my ‘n groot oomblik – ek het van vonkelwyn oorgeskakel na Sauvignon Blanc, en dis ‘n opwindende uitdaging. Gelukkig is Steenberg se terroir perfek vir topgehalte Sauvignon Blanc, en jy kan dit in elke sluk proe!” sê Elunda. Sy is sedert 2023 deel van Sauvignon …

Die Ware Skoonheid van die 2022 Oesjaar skyn deur in die FNB Sauvignon Blanc SA Top 10

Suid-Afrika se top Sauvignon Blancs gaan oor veel meer as wat op die oog af geoordeel word. Volgens die beoordelaarspaneel van die 2023 FNB Sauvignon Blanc SA Top 10-kompetisie kan wynliefhebbers gerus ouer oesjare en gehoute style op die proef stel. Nie minder nie as sewe van vanjaar se wenners is van die 2022-oesjaar, wat weer die uitstekende verouderingspotensiaal van Suid-Afrikaanse Sauvignon Blanc uitlig.

Help ons wildboere en #GaanJag!

Die wildbedryf in Suid-Afrika het vanweë drakoniese beperkings op jag ‘n ernstige terugslag beleef. ‘n Wesenlike deel van die meer as R16 miljard wat die bedryf jaarliks tot die ekonomie bydra, is van buitelandse trofeejagters afhanklik en hulle kon verlede jaar nie kom nie. Vanjaar gaan dit nie veel beter nie en wildboere het ál die hulp nodig wat hulle kan kry.