All posts filed under: Diversification

100 Nuwe Werkgeleenthede in Ierland vir Landboustudente

Saai het ’n opwindende vennootskap met Landworks en die Ierse werwingsmaatskappy Crewit aangegaan om 100 gespesialiseerde werkgeleenthede in Ierland vir landbou- studente te skep. Hierdie geleenthede dek sleutelareas soos agri-meganika, vragmotor- en buswerktuigkunde, paneelklopwerk, en vragmotorbestuur. Hierdie program bied meer as net werk – dit gee jong aspirantboere die kans om praktiese ervaring op te doen met gevorderde tegnologie en masjinerie terwyl hulle verdien en spaar vir hul eie boerderyprojekte terug in Suid-Afrika. WAAROM IS HIERDIE ’N GROOT GELEENTHEID? Vir baie jong boere is toegang tot kapitaal een van die groot- ste struikelblokke. Hierdie inisiatief bied ’n pad na finansiële onafhanklikheid, terwyl studente hul vaardighede slyp in ’n inter- nasionale omgewing. Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai, verduidelik: “Boerdery is meer as net ’n werk – dit is ’n roeping. Hierdie program gee ons studente nie net ervaring nie, maar ook die finansiële steun wat hulle nodig het om hul drome te verwesenlik.” PRAKTIESE ERVARING EN GROEI Die rolle beskikbaar op die Landworks-platform sluit in werk met gevorderde trekkertegnologie, herstelwerk aan swaar voertuie en paneelklopwerk. …

Ivan Snyman se pad van Boksombende- held tot landbouinnovasie

Rooie? Is dit werklik jy?Inderdaad. Ivan Snyman bevestig hierdie verrassing deur met trots ’n foto op sy selfoon te wys. Daar pronk hy met die bekende bosrooi hare saam met sy mede-Boksombende- lede: Trompie, Rooie, Dawie en Blikkies. Die rooi hare is nou grys, maar die stout trek om die mond en in die oë bly behoue. Die logiese vraag: hoe loop ’n 15-jarige kind se lewenspad vanaf akteur, gebore en getoë in Roodepoort, tot by boer buite Vredenburg? Alvorens daarby uitgekom word, eers die geskiedenis van die plaas Snyman Landgoed. Wel, Ivan en sy wederhelf Antoinette trek vanaf Johannes- burg na Melkbosstrand. Die kusdorp word egter te groot en besig vir die twee, en hulle maak ander planne. Hierdie besigheid in Johannesburg? Die volgende verras- sing: Ivan bou kragstasies. “Met lockdown het ek permanent hier kom woon, maar het steeds die besigheid daar bo.” Bo en behalwe die 15 ha, huur hy nog 140 ha in die nabyheid. Hy produseer vrywei-hoendereiers en skaap. Vervolgens word voer aangeplant waarvan voerpillevir die skaap op die plaas …

Produsent se selfgeboude patent skep 800L biodiesel per week.

Toe diesel te duur raak, het Schenkfontein in 2014 hul eie biodiesel begin maak. Philip het ʼn kursus by Green Diesel in Stikland voltooi, en die plaas het ʼn biodiesel-stelsel van 150 liter gekoop. Met verloop van tyd is dit aangepas om die proses van drie na twee dae te bespoedig. Die stelsel is intussen vervang met ʼn selfgeboude patent wat vandag sowat 800L biodiesel per week produseer.