Mors minder en kry beter resultate. Met presisie plantvoeding haal jy meer per hektaar af.
Die dae van ‘bietjie mis gooi en kyk wat gebeur’ is lankal verby. In vandag se boerdery-wêreld is voeding en grondbestuur nie meer iets ekstra nie, dis die basis. En volgens Duane de Swardt en Schalk Lombaard van InteliGro, is dié twee dinge belangriker as ooit.