Month: May 2025

Beeste wys hul krag in wingerde se dekgewasse

Kan beeste ons wyn help boer? ’n Nuwe navorsingsprojek in Stellenbosch wil ou praktyke met vars wetenskap laat herleef. By Hartenberg Wynlandgoed loop Ankole-beeste tussen die wingerde – nie net vir die mooi nie, maar dalk vir die toekoms van wynboerdery. ReGenWine, ’n driejaarstudie deur Stellenbosch Universiteit en South Africa Wine, ondersoek hoe regeneratiewe boerdery die grond, die wingerde én uiteindelik die wyn kan verbeter.

“Ons boer met water en verkoop melk” – Doornkraal se boerderyleuse

Om by die drie broers Corné, Kosie en Sakkie du Plessis van Doornkraal Melkery aan te kom vir ’n 09h00 afspraak, en die afspraak word uitgestel tot 10h00, is ongetwyfeld ’n voorreg. Die voorafgaande word sonder ’n kriesel ironie bedoel. Vir die oningeligte kom die miernes van aktiwiteite voor as onverdunde chaos. Corné woel agter sy rekenaar en maak aantekenings in ’n notaboek. ’n Rits elektroniese monitors flits syfers langs hom wat gedurig verander. Kosie kom die vertrek binne, kyk nie links of regs nie, loer na iets op sy rekenaar en is weer vort.

Witelsboom: Shiraz in die wingerd, propolis in die pot

Dis ’n warm somersmiddag in die Breedevallei – selfs die sonbesies kry swaar. Ons kuier by Danie en Helene Zeeman op die plaas Witelsboom. Die familie se twee honde maak hul langs ons tuis, en Helene bring koue koel-drank. “Toemaar, dis net die boerboel wat vleis eet,” stel Danie ons laggend gerus toe hy sien ons kyk maar ver-sigtig in sy rigting.