All posts filed under: Uncategorized

Klimaatslim boerdery begin by beter besluite, nie net beter weervoorspellings nie

Namate klimaatsveranderlikheid die landboubedryf toenemend hervorm, het toegang tot akkurate, plaas-like weerintelligensie ontwikkel van ’n “lekker om te hê” tot ’n noodsaaklike bestuursinstrument. Villa Crop Protection het hierdie uitdaging reeds etlike jare gelede geïdentifiseer en begin werk aan ’n praktiese oplossing wat betekenisvolle weerinligting direk in produsente se hande plaas.

Minder mense eet geblikte vrugte en Tulbagh betaal die prys

Mense eet minder geblikte vrugte. Vars is in. Suiker is uit. En enigiets wat as “verwerk” beskou word, moet toenemend teen die persepsie baklei dat dit minder gesond is. Dit is volgens Kobus Gertenbach, uitvoerende hoof van die Premier groep, een van die groot strukturele probleme wat nou agter Premier se plan staan om sy R1 miljard Fruit Products Western Cape inmaakfabriek op Tulbagh te sluit.

Goede Hoop Sitrus – 100 jaar se sitrussukses

“Om 100 jaar in die sitrusbedryf te kan oorleef, verg veerkragtigheid, gedissiplineerde rentmeesterskap en die vermoë om oor generasies heen te ontwikkel.”
Aan die woord is André Nel, besturende direkteur van Goede Hoop Sitrus (GHS) in Citrusdal, wat vanjaar sy 100ste bestaansjaar vier. Die maatskappy is reeds in 1926 gestig en het van ’n beskeie begin tot ’n toonaangewende maatskappy gegroei wat nasionaal en interna-sionaal as ’n leier in die sitrusbedryf beskou word.

OVK vereer wolbedryfse uitblinkers

Dit was vanjaar die vyfde agtereenvolgende jaar waarin die Karoo Winter Wolfees aangebied is, en OVK is reeds al vyf jaar by die fees betrokke. Die afgelope vier jaar bied OVK, as deel van die fees, ook die OVK-galafunksie aan. Hierdie funksie dien as die opening van die fees, maar is ook ’n glansryke viering waartydens die wenners aangewys en pryse vir drie jaarlikse kompetisies oorhandig word.

Grootste nóg SA Suiwelkampioenskappe lok bedryf se bestes

Die 2026 SA Suiwelkampioenskappe trek hierdie week die suiwelbedryf se voorste rolspelers na Eensgezind buite Durbanville, en vanjaar is dit groter as ooit. Rekordgetalle vir inskrywings, produsente, beoordelaars en vennote getuig van ’n bedryf wat, ten spyte van uitdagings, steeds op gehalte ingestel bly. Met altesaam 1 227 produkte, 81 produsente, 130 beoordelaars en 20 vennote word nuwe rekords oor die hele linie opgestel. Dit bevestig weer die omvang van die kampioenskappe, wat reeds vir byna twee eeue as ’n belangrike maatstaf vir uitnemendheid in die suiwelbedryf dien. Groter as ooit tevore “Dit is deur die bank die hoogste getalle wat ons nog gesien het,” sê Breyton Milford, hoofbestuurder van Agri-Expo, wat die kampioenskappe reeds sedert 1834 aanbied. Volgens hom wys die volgehoue deelname dat produsente steeds groot waarde in die platform sien. “Die bedryf het uitdagings, maar die volgehoue fokus op gehalte op hierdie vlak wys die vertroue wat produsente steeds in Agri-Expo en hierdie platform het,” sê hy. Die beoordeling het Woensdag 25 Maart met melk en roomys afgeskop, gevolg deur kaas en …

Graan SA Kongres 2026: Boere kan nie nóg druk absorbeer nie

Die 2026 Graan SA Kongres het op 11 en 12 Maart by NAMPO Park in Bothaville plaasgevind, waar produsente, landboukundiges, bedryfsrolspelers en beleidmakers saamgesels het oor die toenemende druk op graanboerdery. Die groot boodskap uit die kongres was duidelik: Suid-Afrikaanse graanboere bly veerkragtig en innoverend, maar die gaping tussen produksiekoste en inkomste raak al moeiliker om te oorbrug.