All posts tagged: grondtotmond

Joubertina Kwekery | Pauw-familie

Nog ’n familiebesigheid wat die Langkloof bekend gemaak het en landwyd aansien verwerf het, is die Joubertina Kwekery van Bremer en Elaine Pauw. Die kwekery het in die 1960’s ontstaan uit die behoefte aan appelbome vir die groeiende appel- en peerbedryf. Vandag is Bremer en Elaine gelukkig om ook die dienste van hul dogter Karien, haar man Willy, en Deon Lötter, ’n deurwinterde landboukundige en kweker,
te hê om die vrugteboom-kwekery teen die hange van die Langkloofberge te bestuur.

Hansie Viljoen: ’n Boerdery wat wys hoe volhoubare diversifikasie lyk

Toe Hansie Viljoen van Viljoen Boerdery as die 2025 Graan SA/Syngenta Graanprodusent van die Jaar aangewys is, was dit nie net ’n persoonlike mylpaal nie. Dit was ’n viering van ’n boerderymodel wat wys hoe gesinne, tegnologie, grondgesondheid en goeie bestuur saam ’n sterk landbou-onderneming vorm. Die gala-geleentheid op 31 Oktober by Birchwood Hotel, onder die tema Legacy in the Land: The Art of Timing, het die perfekte agtergrond geskep om ’n produsent te vereer wat presies dié balans verstaan.

“Ons boer met water en verkoop melk” – Doornkraal se boerderyleuse

Om by die drie broers Corné, Kosie en Sakkie du Plessis van Doornkraal Melkery aan te kom vir ’n 09h00 afspraak, en die afspraak word uitgestel tot 10h00, is ongetwyfeld ’n voorreg. Die voorafgaande word sonder ’n kriesel ironie bedoel. Vir die oningeligte kom die miernes van aktiwiteite voor as onverdunde chaos. Corné woel agter sy rekenaar en maak aantekenings in ’n notaboek. ’n Rits elektroniese monitors flits syfers langs hom wat gedurig verander. Kosie kom die vertrek binne, kyk nie links of regs nie, loer na iets op sy rekenaar en is weer vort.

Witelsboom: Shiraz in die wingerd, propolis in die pot

Dis ’n warm somersmiddag in die Breedevallei – selfs die sonbesies kry swaar. Ons kuier by Danie en Helene Zeeman op die plaas Witelsboom. Die familie se twee honde maak hul langs ons tuis, en Helene bring koue koel-drank. “Toemaar, dis net die boerboel wat vleis eet,” stel Danie ons laggend gerus toe hy sien ons kyk maar ver-sigtig in sy rigting.

Voed jou honde met liefde (en goeie kos!)

Die voeding van plaashonde speel ’n kernrol in hul gesondheid, energievlakke en werkverrigting, veral in Suid-Afrika waar honde dikwels ’n noodsaaklike deel van plaasaktiwiteite uitmaak. Statistiek toon dat hondevoermarkte in Suid-Afrika jaarliks groei en nou sowat R7,1 miljard werd is, met hondekos wat steeds die grootste segment uitmaak. Die groot verskeidenheid hondekosopsies, wat wissel van goedkoop handelsmerke tot premium voer, kan die keuse vir boere uitdagend maak. Hierdie gids bied ’n allesomvattende oorsig van hoe jy jou plaashonde optimaal kan voer.