All posts tagged: AgriSA

Ontwrigtende beurtkrag hou langtermynrisiko’s vir die landbousektor en ekonomie in

Die impak van die voortdurende kragonderbrekings op die landbousektor en breë ekonomie hou ernstige implikasies vir voedselsekerheid en maatskaplike stabiliteit in. Die verlengde tydperk van Vlak 6-beurtkrag bedreig die lewensvatbaarheid van die sektor. ‘n Eskalasie na Vlak 7 en hoër sal katastrofies wees en hou ‘n risiko vir die land se nasionale veiligheid in.

Afgeskaalde begroting ondermyn landbou as spilpunt vir groei!

Die afskaling van die begrotings van kern staatsdepartemente verantwoordelik vir die herstel van die ekonomie, soos die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling en die kanalisering van fondse na intervensies om die pandemie te beveg, hou ernstige implikasies vir Tesourie se beloofde onderneming om ekonomiese groei in die land aan die gang te kry.