Month: October 2026

Een boervrou, vyf pienk silo’s

Vyf van NWK se graansilo’s het in Oktober pienk geskyn ter ondersteuning van Borskankerbewustheidsmaand. Die inisiatief het begin by ’n boervrou van Koster wat self die stryd teen borskanker moes voer. Suzanne Swanepoel van Koster is sowat twee jaar gelede, op 38-jarige ouderdom, met bilaterale borskanker gediagnoseer. Sy het NWK se plaaslike handelswinkel genader met die versoek om die dorp se graansilo pienk te verlig as ’n simbool van hoop en ondersteuning vir mense wat deur kanker geraak word. NWK het nie alleen ingestem nie, maar ook aangebied om die koste van die projek te dra. Die inisiatief is daarna uitgebrei na vyf silo’s, naamlik dié op Koster, Bodenstein, Gerdau, Blaauwbank en Delareyville. Om die silo’s pienk te laat skyn, het ’n span silobestuurders, elektriese ingenieurs en werkers die ligte se omhulsels met pienk plexiglas vervang. Die ligte is vervolgens ná donker verstel om die silo’s so doeltreffend moontlik te verlig. Jaco Du Rand, uitvoerende bestuurder van kommoditeite by NWK, beskryf die inisiatief as ’n simboliese gebaar van hoop, moed en solidariteit met kankerpasiënte, oorwinnaars …

Ballistiese beskerming binne bereik van meer bakkie-eienaars

Volwaardige voertuigpantser kan maklik byna R1 miljoen kos, maar ’n ligter beskermingsopsie vir die Toyota Hilux bied nou gedeeltelike beskerming teen 9 mm-handwapenvuur teen ’n heelwat laer intreeprys.Die gedagte aan ’n gepantserde voertuig laat ’n mens maklik dink aan veiligheidsmaatskappye, politici of hoërisikopersone. Maar in Suid-Afrika is die bakkie vir baie boere ook hul kantoor, werksvoertuig en daaglikse vervoermiddel.SVI Engineering het sy ballistiese beskermingsopsies vir die nuwe Toyota Hilux bekendgestel. Die maatskappy se omvattende B6-pakket kos byna R1 miljoen, uitgesluit BTW en die voertuig self, maar dit is die goedkoper B2 LITE-opsie wat waarskynlik vir ’n groter groep bakkie-eienaars interessant sal wees.