Month: January 2025

100 Nuwe Werkgeleenthede in Ierland vir Landboustudente

Saai het ’n opwindende vennootskap met Landworks en die Ierse werwingsmaatskappy Crewit aangegaan om 100 gespesialiseerde werkgeleenthede in Ierland vir landbou- studente te skep. Hierdie geleenthede dek sleutelareas soos agri-meganika, vragmotor- en buswerktuigkunde, paneelklopwerk, en vragmotorbestuur. Hierdie program bied meer as net werk – dit gee jong aspirantboere die kans om praktiese ervaring op te doen met gevorderde tegnologie en masjinerie terwyl hulle verdien en spaar vir hul eie boerderyprojekte terug in Suid-Afrika. WAAROM IS HIERDIE ’N GROOT GELEENTHEID? Vir baie jong boere is toegang tot kapitaal een van die groot- ste struikelblokke. Hierdie inisiatief bied ’n pad na finansiële onafhanklikheid, terwyl studente hul vaardighede slyp in ’n inter- nasionale omgewing. Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai, verduidelik: “Boerdery is meer as net ’n werk – dit is ’n roeping. Hierdie program gee ons studente nie net ervaring nie, maar ook die finansiële steun wat hulle nodig het om hul drome te verwesenlik.” PRAKTIESE ERVARING EN GROEI Die rolle beskikbaar op die Landworks-platform sluit in werk met gevorderde trekkertegnologie, herstelwerk aan swaar voertuie en paneelklopwerk. …

SA beesboer van die jaar deel belangrike wenke vir opkomende boere

’n Kreatiewe en oopdenkende benadering is die sleutel tot suksesvolle boerdery in Suid-Afrika, sê Rustin Shawe, die 2024 Voermol Nasionale Beesboer van die Jaar. Shawe, wat in Wakkerstroom boer, het hierdie gesogte titel op 13 November 2024 by die Voermol Bees- en Skaaptoekennings ontvang. Met ’n passie vir KZN se landbousektor deel hy waardevolle insigte, uitdagings en wenke vir opkomende beesboere. Shawe se prestasies is nie net geskoei op sy kundigheid as boer nie, maar ook op sy aktiewe rol in die breër landbou- en landelike sektore. Hy is ’n jarelange lid en huidige direksielid van Kwanalu, die KwaZulu-Natalse Landbou-unie, waar hy sleutelkwessies in die sektor aanspreek. Shawe is ook die wenner van die gesogte KZN Kwanalu Jongboer van die Jaar-toekenning in 2018. Met meer as twee dekades se ervaring bestuur Shawe twee troppe by sy onderneming, Grassfields Beef: ’n kommersiële trop en Droughtmaster stoettrop. Deur toewyding en innoverende benaderings het hy homself as ’n leier in die beesbedryf gevestig. Shawe beklemtoon die finansiële druk wat boere daagliks ervaar en moedig mede-boere aan om kreatief …

Ivan Snyman se pad van Boksombende- held tot landbouinnovasie

Rooie? Is dit werklik jy?Inderdaad. Ivan Snyman bevestig hierdie verrassing deur met trots ’n foto op sy selfoon te wys. Daar pronk hy met die bekende bosrooi hare saam met sy mede-Boksombende- lede: Trompie, Rooie, Dawie en Blikkies. Die rooi hare is nou grys, maar die stout trek om die mond en in die oë bly behoue. Die logiese vraag: hoe loop ’n 15-jarige kind se lewenspad vanaf akteur, gebore en getoë in Roodepoort, tot by boer buite Vredenburg? Alvorens daarby uitgekom word, eers die geskiedenis van die plaas Snyman Landgoed. Wel, Ivan en sy wederhelf Antoinette trek vanaf Johannes- burg na Melkbosstrand. Die kusdorp word egter te groot en besig vir die twee, en hulle maak ander planne. Hierdie besigheid in Johannesburg? Die volgende verras- sing: Ivan bou kragstasies. “Met lockdown het ek permanent hier kom woon, maar het steeds die besigheid daar bo.” Bo en behalwe die 15 ha, huur hy nog 140 ha in die nabyheid. Hy produseer vrywei-hoendereiers en skaap. Vervolgens word voer aangeplant waarvan voerpillevir die skaap op die plaas …

Plastiekbesoedeling: Is Suid-Afrika se landbou gereed vir verandering?

Die WWF (World Wide Fund for Nature) lei ’n inter- nasionale poging om ’n bindende plastiekverdrag te onderhandel wat plastiekbesoedeling wêreldwyd kan bekamp. Hierdie verdrag is van kritieke belang, aangesien plastiekbesoedeling nie net die omgewing bedreig nie, maar ook direkte gevolge het vir Suid- Afrika se landbou en voedselproduksie. Die vraag is: Hoe kan ons boere aanpas en deel word van die oplossing? ’N ONSIGBARE KRISIS OP ONS PLASE Plastiek word wyd in die landbou gebruik, van verpakking tot drupbesproeiingstelsels, maar wat gebeur met die plastiek wanneer dit nie meer bruikbaar is nie? Verweerde plastiek kan gronde besoedel, mikroplastiek in die voedselketting invoer, en uiteindelik die gesondheid van mense en diere benadeel. Die hoeveelheid plastiek wat elke jaar in die oseane beland, word grootliks aangevuur deur plastiekverpakking wat in sektore soos landbou gebruik word. In Suid-Afrika speel verpakkingsmateriaal vir kunsmis, plaagdoders en saad ’n rol in hierdie probleem, aangesien onvanpaste wegdoening dikwels lei tot plastiekbesoedeling wat waterweë en oseane bereik. Hierdie praktyke het ernstige gevolge vir mariene ekosisteme en menslike gesondheid. DIE VOORGESTELDE PLASTIEKVERDRAG STEL …

André Brink: ’n Landbouleier wat Suid- Afrika inspireer

André Brink van Groot Phesantekraal is onlangs aangewys as Suid-Afrika se Boer van die Jaar vir 2024 deur die Agricultural Writers SA (AWSA). Hierdie toekenning, wat tydens ’n seremonie in Centurion oorhandig is, erken sy baanbrekende benadering tot volhoubare landbou en voedselproduksie. ’N RYK GESKIEDENIS VAN LANDBOU-INNOVASIE Groot Phesantekraal, geleë net buite Durbanville, is gestig in 1698 en het vir meer as ’n eeu in die Brink-familie gebly. André, wat die plaas sedert 1996 bestuur, het dit van 350 ha uitgebrei na ’n indrukwekkende 4 650 ha, insluitend gehuurde grond. Onder sy leierskap het die plaas ontwikkel tot ’n gediversifiseerde onderneming wat klein grane, lewendehawe, wynproduksie en selfs ’n voerfabriek insluit. VOLHOUBAARHEID EN INNOVERING Volhoubaarheid is die kern van Groot Phesantekraal se bedrywighede. Die plaas se gewasrotasiestelsel verbeter grondgesondheid en bevorder biodiversiteit, terwyl die gebruik van chemiese middels drasties verminder word. Verder help sonkraginstallasies en presisie-besproeiing om water en energie meer doeltreffend te gebruik, wat ’n kleiner omgewingsimpak verseker. 40,000 Die aantal wingerde wat reeds in 1756 by Groot Phesantekraal aangeplant was. Die plaas is …

Sorghum: ’n Antieke Graan vir ’n Moderne Toekoms

Namate somergraanboere begin voorberei vir die nuwe plantseisoen, werk ’n nasionale inisiatief, met die steun van die regering en bedryfsorganisasies, daaraan om meer hektare aan graansorghum te wy. Hierdie plan poog om sorghum weer ’n prominente plek in Suid- Afrika se landboubedryf te gee. WAAROM SORGHUM? Sorghum, oorspronklik in Afrika gedomestiseer, is een van die oudste graansoorte ter wêreld en ’n stapelvoedsel vir miljoene mense oor eeue heen. Tog het markdinamika wat gunstiger vir mielies en koring is, sorghum tot die agtergrond verdryf. Die herlewing van sorghum word aangedryf deur die dringende noodsaaklikheid van voedselsekerheid. Volgens die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) is 282 miljoen mense in Afrika ondervoed. In Suid-Afrika is voedsel op nasionale vlak beskikbaar, maar baie huishoudings het steeds nie toegang tot voedsaamheid nie. Sorghum bied ’n oplossing. Hierdie glutenvrye graan is ryk aan proteïene, minerale en vitamiene. Verder is dit ’n geharde gewas wat droogte en uiterste hitte weerstaan en op marginale gronde met minimale insette, soos kunsmis, kan groei. Hierdie eienskappe maak dit uiters geskik in die lig van …