Month: March 2026

Grootste nóg SA Suiwelkampioenskappe lok bedryf se bestes

Die 2026 SA Suiwelkampioenskappe trek hierdie week die suiwelbedryf se voorste rolspelers na Eensgezind buite Durbanville, en vanjaar is dit groter as ooit. Rekordgetalle vir inskrywings, produsente, beoordelaars en vennote getuig van ’n bedryf wat, ten spyte van uitdagings, steeds op gehalte ingestel bly. Met altesaam 1 227 produkte, 81 produsente, 130 beoordelaars en 20 vennote word nuwe rekords oor die hele linie opgestel. Dit bevestig weer die omvang van die kampioenskappe, wat reeds vir byna twee eeue as ’n belangrike maatstaf vir uitnemendheid in die suiwelbedryf dien. Groter as ooit tevore “Dit is deur die bank die hoogste getalle wat ons nog gesien het,” sê Breyton Milford, hoofbestuurder van Agri-Expo, wat die kampioenskappe reeds sedert 1834 aanbied. Volgens hom wys die volgehoue deelname dat produsente steeds groot waarde in die platform sien. “Die bedryf het uitdagings, maar die volgehoue fokus op gehalte op hierdie vlak wys die vertroue wat produsente steeds in Agri-Expo en hierdie platform het,” sê hy. Die beoordeling het Woensdag 25 Maart met melk en roomys afgeskop, gevolg deur kaas en …

Graan SA Kongres 2026: Boere kan nie nóg druk absorbeer nie

Die 2026 Graan SA Kongres het op 11 en 12 Maart by NAMPO Park in Bothaville plaasgevind, waar produsente, landboukundiges, bedryfsrolspelers en beleidmakers saamgesels het oor die toenemende druk op graanboerdery. Die groot boodskap uit die kongres was duidelik: Suid-Afrikaanse graanboere bly veerkragtig en innoverend, maar die gaping tussen produksiekoste en inkomste raak al moeiliker om te oorbrug.