Month: December 2022

Stampriet se ystervark-hotel

‘n Leser het vir Grond Tot Mond die brokkie gestuur. Die storie gaan so – my pa boer naby Stampriet in Namibia en hy het lusern geplant. Om ongediertes uit te hou, maak hy reg rondom ‘n wildwerende heining. Dit hou koedoes en ander bokke uit, maar hy het nie gereken op die ystervarke nie. Die ystervarke is kampioen-grawers en grawe gate onderdeur die heinings. Hulle vreet nie baie nie, maar die springhase kom deur die opening en kerjakker deur die nag ‘n die lande, en trek die plantjies wortel en al uit. My Pa besluit toe om die vanghok voor een gat te sit, na hy al die ander gate toegemaak het. Sit ‘n mielie daarin en bob’s your uncle – volgende oggend is daar ‘n ystervark. My pa hou nie van goeters doodmaak nie. Hy besluit toe om die ystervark in die groot ou reghoekige dam te sit – bodem is gekraak, gebruik al jare nie meer nie, en in elk geval is verdamping van so ‘n groot oppervlak in die Kalahari te …