14 miljoen beeste: die onhaalbare BKS inenting
Die Departement van Landbou het onlangs aangekondig dat ’n plan glo gereed is om tot 14 miljoen beeste teen BKS in te ent. Dit klink bemoedigend, maar volgens drie van Suid Afrika se voorste landboukenners; Dr Theo de Jager, Nick Serfontein en Dr Danie Odendaal, is die prentjie heel anders. Hulle het in In Gesprek op kykNET gesels en ’n ontstellende blik op die werklikheid gegee.










