All posts tagged: Saai

Saai gekant teen irrasionele dagga-wet

Die Konstitusionele Hof het gewys op mediese bewyse dat dit veilig is vir volwassenes om af en toe ’n “daggazol” te rook, maar dat dit gevaarlik is om dit gereeld en in oormaat te doen. Tog dwing die dagga-wetsontwerp iemand wat net een “daggazol” per maand wil rook om ’n hele plant te kweek wat 500 “zolle” per oes kan lewer.

Ban on wine sales: stop the absurdity

A total ban on alcohol is the dullest instrument the government possibly could have used with which to carry out a delicate operation. In the meantime hundreds of wine farms and dozens of towns are bleeding to death, job opportunities are lost quicker than COVID-19 money going missing in the public service and one of South Africa’s oldest agricultural industries is on the verge of collapsing.

Saai veroordeel COVID-hulp aan slegs swart wynboere

Die familieboerorganisasie Saai is verstom oor en veroordeel die blatante rassediskriminasie in die Wes-Kaapse Provinsiale Regering se COVID-19-ramphulp wat slegs aan swart wynboere toegeken word. Dié ramphulp word deur die Kaapse agentskap vir volhoubare geïntegreerde ontwikkeling in die platteland (CASIDRA) geadministreer en Saai beplan ’n multidimensionele veldtog om nierassige beginsels op alle vlakke van die staatsdiens af te dwing.

AfriForum en Saai beplan versetpatrollie in reaksie op teenstand teen buurt- en plaaswagbedrywighede

Die burgerregteorganisasie AfriForum en die familieboernetwerk Saai sal enige teenstand beveg vanuit staatsgeledere teen buurt- en plaaswagte wat wettige bedrywighede hervat. Dié organisasies moedig buurtwagte aan om patrollie te ry, ten spyte van voorvalle van teenkanting wat by die organisasies aangemeld is. AfriForum en Saai sal ook regshulp bied aan enigeen wat kwaadwillig vervolg word in die wettige uitvoer van buurt- of plaaswagbedrywighede.