Organiese bessiekonfyt vat die kroon by SA Preserveerkampioenskappe
’n Handgemaakte organiese bessiekonfyt het die eerste plek behaal uit 700 inskrywings van 85 vervaardigers by die Suid-Afrikaanse Preserveerkampioenskappe, aangebied deur Agri-Expo.
’n Handgemaakte organiese bessiekonfyt het die eerste plek behaal uit 700 inskrywings van 85 vervaardigers by die Suid-Afrikaanse Preserveerkampioenskappe, aangebied deur Agri-Expo.
Die tweede Suid-Afrikaanse Preserveerkampioenskappe, aangebied deur Agri-Expo, het Woensdag 29 Julie by Eensgezind buite Durbanville nuwe hoogtes bereik toe 85 vervaardigers ‘n rekordgetal van 700 gepreserveerde vrugte- en groenteprodukte vir beoordeling ingeskryf het. Vanjaar is die inskrywings deur ‘n paneel van 61 beoordelaars in meer as 100 klasse beoordeel, van konfyte, marmelades, blatjang en piekels tot pesto’s, olywe en ander vernuwende skeppings.
Ná die sukses van 2025 nooi Agri-Expo plaaslike vervaardigers om hul beste gepreserveerde produkte op ’n nasionale verhoog ten toon te stel deur in te skryf vir die tweede jaarlikse Suid-Afrikaanse Preserveerkampioenskappe.
’n Nuwe era vir plaaslike preserveerprodukte is Woensdag 23 Julie ingelui met die beoordeling van die eerste Suid-Afrikaanse Preserveerkampioenskappe by Eensgezind buite Durbanville. Met 456 inskrywings van 66 vervaardigers – meer as dubbel soveel as verwag – is dit duidelik dat die tyd ryp is vir nasionale erkenning van gehalte gepreserveerde produkte.
Agri-Expo brei sy tradisie van uitnemendheid uit met die Suid-Afrikaanse Preserveerkampioenskappe – ‘n splinternuwe kompetisie wat in Mei 2025 afskop en die kollig plaas op topgehalte preserveerprodukte, van ingelegde vrugte tot piekels en konfyt. Hierdie splinternuwe kompetisie, wat in Mei 2025 begin, gaan alles oor topgehalte preserveerprodukte – van ingelegde vrugte tot piekels en konfyt.