Onteieningswet bly ’n rampspoedige besluit
Die afgelope 30 jaar het die ANC aanhou karring aan ’n beleidsomgewing wat bitter min goeds vir die land en sy mense beteken het. Suid-Afrika sit met reuseprobleme: misdaad wat buite beheer is, werkloosheid wat net aanhou styg, paaie en krane wat nie meer werk nie, swak onderwys en ’n ekonomie wat maar sukkel om aan die gang te kom.