REKO-kringe – ‘n slim kleinhandelkonsep vir kleinboere.
As jy nog nie van REKO-kringe gehoor het nie, sal jy oor die komende maande al hoe meer daarvan hoor. Die konsep wen oral in Europa veld en daar is nou ook drie REKO-kringe in KZN se Middeland wat tot voordeel van sowel die verbruikers as die boere strek.