Month: December 2020

Saai veroordeel COVID-hulp aan slegs swart wynboere

Die familieboerorganisasie Saai is verstom oor en veroordeel die blatante rassediskriminasie in die Wes-Kaapse Provinsiale Regering se COVID-19-ramphulp wat slegs aan swart wynboere toegeken word. Dié ramphulp word deur die Kaapse agentskap vir volhoubare geïntegreerde ontwikkeling in die platteland (CASIDRA) geadministreer en Saai beplan ’n multidimensionele veldtog om nierassige beginsels op alle vlakke van die staatsdiens af te dwing.

PhD student develops valuable quality grading system for honeybush tea

Tea lovers recognise a good cup of honeybush tea when they drink it: It has just the right aroma, colour and taste on the palate. But how do you distinguish a high-quality brew of honeybush tea from a mediocre one? And, how do you describe and quantify the differences between brews in a way that improves quality control in the supply chain, from crop to cup?

Waagmoed en flair by Haute Cabrière

Haute Cabrière is sedert sy ontstaan ​​‘n unieke bestemming in die Kaapse wynland, veral omdat dit wynliefhebbers inspireer om skoonheid en vreugde te geniet, deur sélf die lewe te vier as ‘n pragtige kunswerk. Ingemessel aan die voet van die majestieuse Franschhoek-bergpas, bied die plaas ‘n onvergeetlike trio van asemrowende uitsigte, sielskos en elegante wyne.

Onverwacht se verrassing

Vroegoggend kies ons koers na Onverwacht Trust se plaas buite Tulbagh. Mens kan amper nie jou oë glo as jy die laaste plaas bo teen die berg bereik en groot kampe met volstruise gewaar nie. Dis pure Karoo die! By die Groblers van Onverwacht Trust is sien waarlik glo. Hier staan 6 000 volstruise almal langnek-nuuskierig toe ons nader kom.