All posts tagged: Wes-Kaap

Roulou Feta

Roulou Feta verteenwoordig bykans tien present van die land se fetaproduksie en kompeteer met die groot suiwelhandelsname, maar dis ’n klein, hegte span wat daagliks hier die melk verwerk tot uithaler-kaas. In 2021 het hul swartpeper-feta ’n goue medalje by The Aurora International Taste Challenge 2021 gewen.

Troeteldierkos gee boere geleenthede

By Ostriland Meat in Citrusdal in die Wes-Kaap word volstruis en wildvleis van hoë gehalte vir supermarkte en uitvoer verwerk. Hulle vervaardig ook troeteldierhappies vir die Ostriland Groep se troeteldierkosmaatskappy, Nandoe, in Oudtshoorn. Nandoe vervaardig al sedert 2010 bederfhappies vir troeteldiere en het eers met volstruis-produkte begin en toe na hoender-, vark-, wildsvleis- en bees-produkte uitgebrei. Vandag kan hulle produkte in 800 veearts- en troeteldier-winkels in Suid-Afrika, Namibië en Botswana evind word, en van die produkte word na verskeie ander lande uitgevoer.