Deur die lens van Strijdom van der Merwe
Landkunstenaar Strijdom van der Merwe gee nuwe perspektief aan die estetiese waarde van die natuur en gebruik organiese elemente in sy kunsinstallasies.
Landkunstenaar Strijdom van der Merwe gee nuwe perspektief aan die estetiese waarde van die natuur en gebruik organiese elemente in sy kunsinstallasies.
Ons boer hier op Bo-Vlakte, tussen Barrydale en Montagu, aan die Klein-Karoo-kant van die Langeberge, met onder meer appels, pere, heuningbostee en proteas. My man, Nico, die oudste van die Janse van Rensburg-gesin, boer alleen. Sy pa, Erik (wat volgende jaar 80 word!) het voor hom hier geboer. Hy hou van tyd tot tyd nog ʼn ogie as ons in die winter kans kry om met vakansie te gaan.
Ek is Carla Meyer en ek het in die Kaap grootgeword, maar ek het die stad vir die plaas verruil toe die liefde van my lewe oor my pad gekom het. Ek en Dirkie is 3 jaar gelede getroud en ons boer tans hier in die Kliprand-omgewing (Wes-Kaap) en ook in Boesmanland (Noord-Kaap).
Chrismari en Franchwa van der Westhuizen boer net duskant Loeriesfontein. Jaarliks is daar ‘n valk-gesin wat ‘n nes bou by die windpomp op die plaas.
Nooitgedachters is SA se oudste inheemse perderas afkomstig van die Basoeto-ponie. Die stamboek gebruik ’n opgradering-teelsisteem waarvolgens ons “nuwe verwante” bloed kan inbring mits die opvolgende nageslag suiwer Nooitgedachters gebruik en die nageslag dan keuring slaag.
Nellis Nel van Dealesville het Strijdom van der Merwe gekontrakteer om te help met die rehabilitasie van ’n pan op sy plaas. Die gedagte was om iets daar aan die groei te kry. Ou bande word toe ingespan om ’n ekosisteem binne elke band te vorm. Strijdom het nog altyd belanggestel in energielyne (ley lines) en besluit toe om dit as basis vir die uitleg te gebruik – heel gepas want van die oudste skedels is in die Dealsesvilledistrik ontdek.
Ons het in 2015 na Kranskloof in Natal getrek, waar my pa ‘n klein organiese boerdery begin het. Ons verskaf seisoenale groente, asook eiers, aan klante in die omgewing. Ons maak ons eie kompos met hawer en lusern wat ons ook self plant, en gebruik geen gif nie, so alles is werklik organies. Ons beoefen ook permakultuur, wat ‘n bybehorende plantmetode is.
Om hoenders as ‘n verjaarsdaggeskenk te kry is kosbaar, maar dat die verjaarsdaghoenders vir jou elke dag ‘n eier lê, is selfs meer spesiaal. Siena en Matilda is Nin se eie twee geliefde stadshoenders.