All posts filed under: Through the lens

Goede Hoop Sitrus – 100 jaar se sitrussukses

“Om 100 jaar in die sitrusbedryf te kan oorleef, verg veerkragtigheid, gedissiplineerde rentmeesterskap en die vermoë om oor generasies heen te ontwikkel.”
Aan die woord is André Nel, besturende direkteur van Goede Hoop Sitrus (GHS) in Citrusdal, wat vanjaar sy 100ste bestaansjaar vier. Die maatskappy is reeds in 1926 gestig en het van ’n beskeie begin tot ’n toonaangewende maatskappy gegroei wat nasionaal en interna-sionaal as ’n leier in die sitrusbedryf beskou word.

Joubertina Kwekery | Pauw-familie

Nog ’n familiebesigheid wat die Langkloof bekend gemaak het en landwyd aansien verwerf het, is die Joubertina Kwekery van Bremer en Elaine Pauw. Die kwekery het in die 1960’s ontstaan uit die behoefte aan appelbome vir die groeiende appel- en peerbedryf. Vandag is Bremer en Elaine gelukkig om ook die dienste van hul dogter Karien, haar man Willy, en Deon Lötter, ’n deurwinterde landboukundige en kweker,
te hê om die vrugteboom-kwekery teen die hange van die Langkloofberge te bestuur.

Roulou Feta

Roulou Feta verteenwoordig bykans tien present van die land se fetaproduksie en kompeteer met die groot suiwelhandelsname, maar dis ’n klein, hegte span wat daagliks hier die melk verwerk tot uithaler-kaas. In 2021 het hul swartpeper-feta ’n goue medalje by The Aurora International Taste Challenge 2021 gewen.