Agri-entrepeneur, Diversification, Ecotourism, Farm Tourism, Innovation, News, Sustainability, Uncategorized
Leave a comment

100 Nuwe Werkgeleenthede in Ierland vir Landboustudente

Saai het ’n opwindende vennootskap met Landworks en die Ierse werwingsmaatskappy Crewit aangegaan om 100 gespesialiseerde werkgeleenthede in Ierland vir landbou- studente te skep. Hierdie geleenthede dek sleutelareas soos agri-meganika, vragmotor- en buswerktuigkunde, paneelklopwerk, en vragmotorbestuur.

Hierdie program bied meer as net werk – dit gee jong aspirantboere die kans om praktiese ervaring op te doen met gevorderde tegnologie en masjinerie terwyl hulle verdien en spaar vir hul eie boerderyprojekte terug in Suid-Afrika.

WAAROM IS HIERDIE ’N GROOT GELEENTHEID?

Vir baie jong boere is toegang tot kapitaal een van die groot- ste struikelblokke. Hierdie inisiatief bied ’n pad na finansiële onafhanklikheid, terwyl studente hul vaardighede slyp in ’n inter- nasionale omgewing. Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai, verduidelik: “Boerdery is meer as net ’n werk – dit is ’n roeping. Hierdie program gee ons studente nie net ervaring nie, maar ook die finansiële steun wat hulle nodig het om hul drome te verwesenlik.”

PRAKTIESE ERVARING EN GROEI

Die rolle beskikbaar op die Landworks-platform sluit in werk met gevorderde trekkertegnologie, herstelwerk aan swaar voertuie en paneelklopwerk. Studente sal geleentheid kry om van die beste in die bedryf te leer en toegang tot moderne gereedskap en stelsels te kry.

WAT LÊ VOOR?

Hierdie is net die begin. Die vennootskap beplan om in die toekoms meer werkgeleenthede in die landbousektor aan te bied, wat beteken dat daar nog meer opsies vir studente beskik- baar gaan wees. Saai moedig alle landboustudente aan om hierdie kans te gebruik om nie net vaardighede te ontwikkel nie, maar ook ’n sterk finansiële grondslag vir die toekoms te bou.

HOE OM BETROKKE TE RAAK

As jy belangstel in hierdie werksgeleenthede, besoek Landworks.co.za vir meer inligting en om aansoek te doen. Moenie hierdie unieke kans misloop om jou loopbaan en jou toekoms in landbou vorentoe te neem nie!

Leave a Reply

Your email address will not be published.