All posts filed under: Agri Biz People

Local garlic products leave South Africans asking for more

Louise Viljoen, founder of Ouma Swesie’s Pantry, based in Darling, Western Cape since 2014, has a passion for food rooted in childhood memories. The idea of pickled garlic products came during a weekend with her daughter, who’s also involved in the food industry. After conducting market research, they decided to enter the market.

Die groentesmous en die wynmaker

Ek dra gewoonlik vellies of tekkies wanneer ek plaasstories skryf. Maar voor dié onderhoud verruil ek my vellies vir deftiger skoene. Want dis altemit advokaat-burgemeester en doktor-grootbaas. En hóé het ek myself misgis. “Ag nee wat,” lag Johan en Gesie met die groetslag. “Dis sommer Gesie en Johan,” sê sy terwyl ons aansit by ʼn tafel in die Toeka stoor en restaurant op hul plaas, Domaine Brahms, in Agter-Paarl.

Aanhouer hou áán!

Bianca du Plessis gesels met Azer van Zyl, eienaar van Lumber & Lawn in Paarl, oor ’n loopbaan wat kaartjieverkope by ’n inryteater, die oprigting van die Universiteit Stellenbosch se eerste rekenaargebruiksareas, laewentelbaansatelliete en ten einde laaste, kettingsae insluit. ’n Onwaarskynlike maar uiters suksesvolle keuse vir ’n man wat nie vriende is met ’n moersleutel, tang of skroewedraaier nie.