Van Peru tot Paarl: internasionale ervaring, plaaslike vooruitgang
Plaaslike en internasionale rolspelers in die bloubessiebedryf het op 24 September 2025 by Fall Creek® se kwekery in die Paarl saamgekom vir ’n insiggewende forum oor Suider-Afrika se beleggingsgeleenthede en potensiaal vir volhoubare groei.










