Month: January 2026

Saai en AfriForum wys wat moontlik is met mentorskap en infrastruktuur

Die landbou-ontwikkelingsvenootskap tussen Saai, AfriForum en kgosatsana (prinses) Gaongalelwe Moiloa, medestigter van die Bahurutshe Ba Ga Moiloa-stigting, het ’n eerste oes gelewer ná die installering van ’n sonaangedrewe drupbesproeiingstelsel in 2025 op ’n gedeelte van die plaas Jagersfontein in die Mahikeng-omgewing. Altesaam 15 kratte groenrissies, 18 kratte tamaties en 29 kg groenboontjies is aan plaaslike inwoners, informele handelaars en gemeenskapsmarkte in die omgewing verkoop.

Van kudde tot kroon: Wie is Suid-Afrika se top suiwelboere?

Die 2024 ARC Nasionale Meester-suiwelboer Toekennings het weereens die uitblinkers in Suid-Afrika se suiwelbedryf vereer. Hierdie toekennings, aangebied deur die Landbounavorsingsraad (LNR), beklemtoon prestasie en uitnemendheid in vyf sleutelareas: kuddebestuur, somatiese seltelling, sowel as kleinskaal-, mediumskaal- en grootskaalsuiwel-boerdery.

Joubertina Kwekery | Pauw-familie

Nog ’n familiebesigheid wat die Langkloof bekend gemaak het en landwyd aansien verwerf het, is die Joubertina Kwekery van Bremer en Elaine Pauw. Die kwekery het in die 1960’s ontstaan uit die behoefte aan appelbome vir die groeiende appel- en peerbedryf. Vandag is Bremer en Elaine gelukkig om ook die dienste van hul dogter Karien, haar man Willy, en Deon Lötter, ’n deurwinterde landboukundige en kweker,
te hê om die vrugteboom-kwekery teen die hange van die Langkloofberge te bestuur.

Hansie Viljoen: ’n Boerdery wat wys hoe volhoubare diversifikasie lyk

Toe Hansie Viljoen van Viljoen Boerdery as die 2025 Graan SA/Syngenta Graanprodusent van die Jaar aangewys is, was dit nie net ’n persoonlike mylpaal nie. Dit was ’n viering van ’n boerderymodel wat wys hoe gesinne, tegnologie, grondgesondheid en goeie bestuur saam ’n sterk landbou-onderneming vorm. Die gala-geleentheid op 31 Oktober by Birchwood Hotel, onder die tema Legacy in the Land: The Art of Timing, het die perfekte agtergrond geskep om ’n produsent te vereer wat presies dié balans verstaan.