100 Nuwe Werkgeleenthede in Ierland vir Landboustudente
Saai het ’n opwindende vennootskap met Landworks en die Ierse werwingsmaatskappy Crewit aangegaan om 100 gespesialiseerde werkgeleenthede in Ierland vir landbou- studente te skep. Hierdie geleenthede dek sleutelareas soos agri-meganika, vragmotor- en buswerktuigkunde, paneelklopwerk, en vragmotorbestuur. Hierdie program bied meer as net werk – dit gee jong aspirantboere die kans om praktiese ervaring op te doen met gevorderde tegnologie en masjinerie terwyl hulle verdien en spaar vir hul eie boerderyprojekte terug in Suid-Afrika. WAAROM IS HIERDIE ’N GROOT GELEENTHEID? Vir baie jong boere is toegang tot kapitaal een van die groot- ste struikelblokke. Hierdie inisiatief bied ’n pad na finansiële onafhanklikheid, terwyl studente hul vaardighede slyp in ’n inter- nasionale omgewing. Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai, verduidelik: “Boerdery is meer as net ’n werk – dit is ’n roeping. Hierdie program gee ons studente nie net ervaring nie, maar ook die finansiële steun wat hulle nodig het om hul drome te verwesenlik.” PRAKTIESE ERVARING EN GROEI Die rolle beskikbaar op die Landworks-platform sluit in werk met gevorderde trekkertegnologie, herstelwerk aan swaar voertuie en paneelklopwerk. …