All posts tagged: Woolworths

Woolworths Mature Gouda uit 1 029 produkte as Suid-Afrikaanse Suiwelproduk van die Jaar aangewys

’n Tien maande oue beleë gouda, wat Lactalis Suid-Afrika spesiaal vir Woolworths maak, is op Donderdag 25 April 2024 as Suiwelproduk van die Jaar aangewys op die Suid-Afrikaanse Suiweltoekenningsgeleentheid by Eensgezind buite Durbanville. Die wenkaas, Woolworths 10 Months Mature Gouda, het sowat 1 000 inskrywings uitgestof.

SA Suiwelkampioenskappe lok byna 900 inskrywings

Byna 900 suiwelprodukte ding mee in die 2021 Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe, die grootste en oudste suiwelkompetisie in Afrika, wat van Donderdag 25 tot Vrydag 26 Februarie 2021 plaasvind. Die kampioenskappe se beoordeling het vanjaar ná 17 jaar weer teruggekeer na Elsenburg buite Stellenbosch, waar dit voorheen vir tien jaar, van 1995 tot 2004, aangebied is.