Geen appeltjies of bessies te skil nie
Tussen die Tsitsikamma- en Kougaberge in die Suidoos-Kaap, lê Joubertina, die Langkloof se belangrikste dorp. Die grond in hierdie omgewing word al sedert 1760 vir landbou bewerk en vandag is dit veral bekend vir appels en pere, maar deesdae ook vir ‘n verskeidenheid ander soorte sagtevrugte.