Month: May 2020

Rooibos Ltd. – giant of the rooibos tea industry

Rooibos Ltd. in Clanwilliam is the giant of the rooibos tea industry, owning the lion’s share of the rooibos tea market. Marijke Ehlers, their client liaison, guides us through the world’s largest rooibos tea plant. The history and current management of the company is closely linked to the establishment and cultivation of commercial rooibos tea in the district.

Die geur van groenvingers

Rooikrans Kruie se naam is te danke aan ’n krans op die plaas waar argeoloë gereeld kom navorsing doen. “Dis ’n baie unieke krans met interessante dinge soos versteende dinosourusbene,” vertel Lizette. Dit was toe vir haar die natuurlike keuse vir haar kruie-handelsmerk. “Toe die basiliekruid heuphoogte is, besef ek dis hopeloos te veel vir ons huishouding. Onthou, ek weet toe nog niks van kruie af nie. My buurvrou – wat letterlik net hier agter die bloekombos woon – sien toe in ’n tydskrif ’n piepklein advertensie met net die woorde: ‘Basiliekruid gesoek’ met ’n selfoonnommer. Sy skeur dit uit en bring dit vir my. Ek bel en beland by die Pesto Princess, wat toe nog uit haar motorhuis net basiliepesto maak.”

Aanhouer hou áán!

Bianca du Plessis gesels met Azer van Zyl, eienaar van Lumber & Lawn in Paarl, oor ’n loopbaan wat kaartjieverkope by ’n inryteater, die oprigting van die Universiteit Stellenbosch se eerste rekenaargebruiksareas, laewentelbaansatelliete en ten einde laaste, kettingsae insluit. ’n Onwaarskynlike maar uiters suksesvolle keuse vir ’n man wat nie vriende is met ’n moersleutel, tang of skroewedraaier nie.