All posts tagged: TLU SA

TLU SA Jongboer van die Jaar | Laaste kans vir jongboere om in te skryf

Inskrywings vir TLU SA se Jongboer van die Jaar 2026-kompetisie sluit op 19 Junie en jong produsente regoor Suid-Afrika word nou aangemoedig om van die laaste geleentheid gebruik te maak om deel te word van een van georganiseerde landbou se mees gesogte kompetisies. Die TLU SA Jongboer van die Jaar-kompetisie het oor die jare ’n belangrike platform geword waar jong boere erkenning ontvang vir uitnemende bestuursvernuf, deursettingsvermoë, innovasie en hul bydrae tot voedselsekerheid in Suid-Afrika. Die kompetisie fokus nie slegs op produksie nie, maar op die volledige pakket van moderne boerderybestuur en die vermoë om ’n boerdery volhoubaar en verantwoordelik te bestuur in ’n tyd van toenemende ekonomiese en politieke druk. Vanjaar se kompetisie bied weer indrukwekkende pryse aan deelnemers. Die wenner ontvang gebruik van ’n bakkie vir 12 maande tesame met ’n kontantprys, terwyl die tweede- en derdeplekwenners gebruik van ’n SUV vir drie maande sowel as kontantpryse ontvang. Daarbenewens ontvang finaliste eksklusiewe geskenkpakkette, terwyl ’n tegnologie-borgskap ter waarde van R124 000 ook deel vorm van die pryspakket. “Dit gaan oor visie, beplanning, dissipline, …

TLU SA begin Projek 10 000 om onteiening sonder vergoeding te bestry

Suid-Afrika staan op ‘n kritieke kruispad, en die stryd om eiendomsreg was nog nooit so dringend nie. Die voorgestelde Onteieningswysigingswet, wat reeds deur beide die Parlement en die Nasionale Raad van Provinsies goedgekeur is, lê nou op die President se tafel, gereed om onderteken te word. Hierdie wetgewing gee meer as 200 regeringsinstellings die mag om enige eiendom van enige Suid-Afrikaner te onteien, gebaseer op ‘n gevaarlik breë nuwe definisie van ‘openbare belang’.