All posts filed under: Travel Snaps

Oor die hond se stert tot op die aap se skouer

“Natuurlik het ons op die trekpad jolyt gemaak. Sodra ʼn klompie waens saam staning gemaak het, het ons die kitare, bekfluitjies en konsertinas uitgehaal. En ons kón dans. Nie soos die goed van vandag wat lyk asof hulle gif ingekry het nie.” Só onthou Tant Kobie in Eksteenfontein in die Richtersveld die ou dae toe die Bosluisbasters (hulle verwys trots na hulself op hierdie manier) nog grondloos met hul vee op die trekpad in die Boesmanland geswerf het.

Vlug na vryheid

Hansie Slim is pas deur die inkerkering afgedwing deur die twee despotiese hoofgetooides met betrekking tot Die Virus. Nou word hy oorweldig deur die oorlog tussen die vaxxers en anti-vaxxers. Goeie vriende noem hom ʼn skaap omdat hy ge-double-jab is. Dit terwyl hulle Covid-19 beveg deur ontwurmingsmiddels bedoel vir skape, sluk.

Een bedelaar aan ‘n ander

Die Rastaman met ‘n houtkontrepsie in die hand, ‘n weerkaatsende sonbril en ‘n glimlag (asof sy mond vol sterre is) staan langs die pad by die afdraai na Noordeinde. Asof hy vir my wag. En waar my fokus oomblikke tevore teleurgesteld op die plastiek-rommel langs die pad was, is dit nou op hom.

Tot lof van Magenta Stofdonkie

Magenta was nie Hansie Slim se skelm nie. Eerder deeltydse lewensmaat – Hansie het die verhouding as sulks beskou, en nié ter selfverontskuldiging nie (vra enigeen van sy vriende en vyande en hulle sal hom van alle aantygings van owerspel onthef). Magenta was ʼn beminde wat die pad saam met hom in ʼn ewewydige lyn met dié van sy vrou geloop het. En Hansie het oor die seldsame vermoë beskik om onvoorwaardelik lief vir en getrou aan beide bemindes te wees.

Pleinvrees

“Dis heerlike Lente. Die lockdown is so te sê verby…” bulder deur Hansie Slim se brein waar hy in sy bakkie aan die begin van die grondpad na die Bokveld toe sit. Die roete deur die Hantam vir sy blomme, die Boesmanland en uiteindelik die Richtersveld. Landsdele wat deel van Hansie se DNS geword het. Streke waardeur hy reeds dekades reis. Alles bekend.