Waterbuffels bring verbruikers nader aan die plaas
Groot, saggeaard, nuuskierig en besonder lief vir water. Rietvlei se waterbuffels is ongewone plaasbewoners wat vandag melk vir spesialisprodukte lewer en terselfdertyd help om verbruikers nader aan die oorsprong van hul kos te bring. ’n Nuwe waterbuffeltoer op Rietvlei gee besoekers die kans om die diere, kalwers en melkery van naderby te leer ken.








