All posts filed under: Agri-entrepeneur

Van Perskesnippers tot Spekboomblatjang: Rekordgetal Preserveerprodukte Beïndruk met tradisie én Innovasie

Die tweede Suid-Afrikaanse Preserveerkampioenskappe, aangebied deur Agri-Expo, het Woensdag 29 Julie by Eensgezind buite Durbanville nuwe hoogtes bereik toe 85 vervaardigers ‘n rekordgetal van 700 gepreserveerde vrugte- en groenteprodukte vir beoordeling ingeskryf het. Vanjaar is die inskrywings deur ‘n paneel van 61 beoordelaars in meer as 100 klasse beoordeel, van konfyte, marmelades, blatjang en piekels tot pesto’s, olywe en ander vernuwende skeppings.

Karoo Winter Wolfees groei van krag tot krag

Oud en jonk het op 3 en 4 Julie by die Dwarsvlei-plaas naby Middelburg in die Oos-Kaap saamgetrek vir die vyfde Karoo Winter Wolfees. Die jaarlikse fees vier en ondersteun Suid-Afrika se natuurlike veselbedryf deur middel van landbou-uitstallings, kundige gesprekke, kunsvlytwerksessies, plaaslike kos, mode en musiek. Cape Wools South Africa was vanjaar die hoofborg en vennoot.

Francois Rossouw bekroon as 2025 se Toyota SA/AgriSA Jongboer van die Jaar!

Francois Rossouw van Mooigezicht Estates in die Hexriviervallei is pas aangewys as 2025 se Toyota SA/AgriSA Jongboer van die Jaar. Francois boer saam met sy familie op Mooigezicht Estates in die Hexriviervallei op sowat 400 ha produksiegrond, waar hulle spesialiseer in ’n verskeidenheid tafeldruifkultivars. As jong boer wat verantwoordelik is vir alle fasette van die helfte van hul onderneming se produksiepraktyke, rus daar ’n reuse-verantwoordelikheid op sy skouers.

De Panne maak geskiedenis met dubbele kampioentitels by Swartlandskou

Die plaas De Panne, vernoem na die 11 waterpanne wat tydens die wintermaande oor ’n 40 hektaar-area vorm, is ’n hoeksteen van Angus-boerdery in die Wes-Kaap. Jannie Kotze se oupa, Jan, het die plaas in 1976 gekoop en as saaiboer begin. Jannie se ouers, Paul en Louise Kotze, het De Panne Angus in 1986 gestig, wat nou die oudste bestaande swart Angus-kudde in die Wes-Kaap is. Vandag bestuur Jannie en sy vrou, Annie, die plaas in Moorreesburg, waar hulle fokus op hoëgehalte geregistreerde en kommersiële Angus-vee, met die klem op voortreflike vleisproduksie, temperament en vrugbaarheid.