All posts tagged: news

Tammy Claasen bou voort op nalatenskap, maar bring haar eie flair

Tammy Claasen (38), wat nou die rooiwynspan by die bekende Durbanville Hills lei, was een van die heel eerste begunstigdes van die Cape Winemakers’ Guild Protégé-program. Die inisiatief, wat byna twee dekades gelede begin het, identifiseer jong wynmaakstudente met besondere talent en plaas hulle onder mentorskap van erkende wynmeesters om hul potensiaal te ontsluit.

Dieregesondheid in gevaar namate OBP wankel

Die jongste jaarverslag van Onderstepoort Biological Products (OBP) vir 2024/25, wat pas aan die parlement se Portefeuljekomitee oor Landbou voorgelê is, lees soos ’n noodsein vir Suid-Afrika se dieregesondheidstelsel. Dit bevestig wat boere lankal vermoed: die land se enigste staatsvervaardiger van entstowwe is in ’n ernstige toestand – en die gevolge lê swaar op plaashekke regoor die land.

Closing the Loop:Zibo’s 100% rPET Grape and Berry Punnets Redefine Sustainable Packaging

In a world where sustainability is no longer a trend but a necessity, Zibo Containers is proudly leading the charge with its 100% accredited and verified rPET (recycled polyethylene terephthalate) grape and berry punnets – an innovation that blends high-performance packaging with environmental responsibility. As a specialist in thermoformed plastic packaging for fresh produce, Zibo has long been at the forefront of functional, high-quality solutions tailored for the agricultural and retail sectors. But with increasing environmental pressures, the conversation has shifted. It’s no longer just about packaging that works; it’s about packaging that lasts – without lasting forever. The Power of rPET: From Waste to Worth Unlike virgin plastics that rely on fossil fuels, rPET is derived from both post-consumer and post-industrial recycled PET. This includes everyday items such as water bottles and clear food containers, as well as offcuts and scrap material generated during PET production processes. These are collected, sorted, and repurposed to create a sustainable material with second-life potential. Zibo’s 100% rPET punnet range gives this material new purpose – one that …

Geen water, geen druiwe – produsente woedend oor vrylating sonder waarskuwing

Die Departement van Waterwese word heftig gekritiseer ná die vrylating van water uit die Clanwilliamdam sonder oorleg met sleutelrolspelers in die Olifantsriviervallei. Die streek, wat lewensbelangrike water benodig vir sy tafeldruiwe-, wyn- en rosyntjieproduksie, het met verontwaardiging op die besluit gereageer.

Essensiële olies in kalwers se dieet kan E.coli in toom hou

maak of die groei daarvan te verhinder) wat dikwels by die dieet van kalwers op suiwelplase gevoeg word om ingewandsinfeksies te voorkom wat deur parasiete veroorsaak word en hulle te help groei. Maar om subterapeutiese dosisse van hierdie antimikrobiese middel by kalwers se kos te voeg kan weerstandigheid meebring teen die Escherichia coli-bakterie (E.coli), wat hulle siek maak en ook gesondheidsimplikasies vir mense inhou.