Vroue neem hul regmatige plek in die landbousektor in, en Hollard erken hierdie bydrae deur vir die tweede agtereenvolgende jaar die Women’s Voice in Agriculture-kompetisie te borg. Dié inisiatief vier vroue wat nie net op die grondvlak werk nie, maar ook beleid beïnvloed en ware verandering in hul gemeenskappe teweegbring.

Elaine van Eeden vat die kroon
Vanjaar se wenner is Elaine van Eeden van Bethlehem in die Vrystaat – sy’s die eerste vroulike koringteler én landbounavorser in SA, en werk al 28 jaar in gewasverbetering. Sy’t die toekenning op 24 Julie ontvang by ’n spesiale geleentheid by Hollard se kantore in Parktown.
“Hierdie toekenning gaan nie net oor my nie – dis vir elke vrou wat dag in en dag uit hard werk om kos op die tafel te sit. Dit gee ons moed om aan te hou.”
Sy sê: “Hierdie toekenning gaan nie net oor my nie – dis vir elke vrou wat dag in en dag uit hard werk om kos op die tafel te sit. Dit gee ons moed om aan te hou.”
’n Groot hupstoot vir vroue in landbou
Volgens Andries Wiese, hoof van landbou by Hollard, is dit belangrik om vroue in dié bedryf te ondersteun: “As ons landbou wil sien groei, moet ons die mense agter dit alles verstaan en bystaan. Vroue speel ’n groot rol – en as hulle groei, groei die hele sektor saam.”

Finaliste wat indruk gemaak het
Behalwe Elaine, was daar nog ’n klomp indrukwekkende vroue op die kortlys:
- Heleen Viljoen, landbou-ekonoom by AgriSA (1ste naaswenner)
- Alani Janeke, landboukommunikeerder (2de naaswenner)
- Sarah Malatjie, landbou-ekonomie gegradueerde van die Universiteit van die Vrystaat
- Thulisile Mokwena, hoenderboer en stigter van RBKM Chickens

Spesiale toekennings vir vroue wat uitstaan
Vier ander vroue is ook vereer vir hul werk in die landboubedryf:
- Dr Marinda Visser, projek- en vennootskapbestuurder
- Karen Nel, biochemikus en entrepreneur wat Design Biologix begin het
- Dr Driekie Fourie, nematoloog wat fokus op omgewingsvriendelike plantgesondheid
- Prof Sonja Venter, navorser in gewasverbetering en volhoubare boerdery
Dis duidelik – die vroue van landbou is besig om hulle stemme te laat hoor, en dié kompetisie gee hulle die verhoog wat hulle verdien.

