Saai en AfriForum wys wat moontlik is met mentorskap en infrastruktuur
Die landbou-ontwikkelingsvenootskap tussen Saai, AfriForum en kgosatsana (prinses) Gaongalelwe Moiloa, medestigter van die Bahurutshe Ba Ga Moiloa-stigting, het ’n eerste oes gelewer ná die installering van ’n sonaangedrewe drupbesproeiingstelsel in 2025 op ’n gedeelte van die plaas Jagersfontein in die Mahikeng-omgewing. Altesaam 15 kratte groenrissies, 18 kratte tamaties en 29 kg groenboontjies is aan plaaslike inwoners, informele handelaars en gemeenskapsmarkte in die omgewing verkoop.








