Risikobestuur: Bou vandag aan ’n meer weerbare landbou-onderneming
In landbou is risiko onvermydelik. Hoe jy dit bestuur, maak die verskil.
In landbou is risiko onvermydelik. Hoe jy dit bestuur, maak die verskil.
Kry jou gunsteling landbou- en leefstyltydskrif nou by een van 130 landbouwinkels en koöperasies landwyd, of lees die digitale uitgawe hier.
Drie geslagte se toewyding aan vrugteproduksie, grondgesondheid en gemeenskapsontwikkeling lê aan die grondslag van Dennegeur Farms se sukses.
’n Sonkragaangedrewe moniteringstelsel wat aan die Universiteit Stellenbosch ontwikkel is, help navorsers om jakkalsgedrag dag en nag vas te lê. Die data kan uiteindelik help om predasiebestuur meer doelgerig te maak.
Groot, saggeaard, nuuskierig en besonder lief vir water. Rietvlei se waterbuffels is ongewone plaasbewoners wat vandag melk vir spesialisprodukte lewer en terselfdertyd help om verbruikers nader aan die oorsprong van hul kos te bring. ’n Nuwe waterbuffeltoer op Rietvlei gee besoekers die kans om die diere, kalwers en melkery van naderby te leer ken.
Wanneer water ’n kosbare hulpbron is, maak die regte damvoering ’n wesenlike verskil. Leoco Damme fokus al 26 jaar op die waterdigting van damme en bied professionele installasies vir boere wat hul water doeltreffend en veilig wil berg.
Die 36-jarige blomprodusent Joy van Deventer van Berg en Dal Kwekery naby Brits het geskiedenis gemaak as Agri Noordwes se eerste vroulike Jongboer van die Jaar. Haar provinsiale oorwinning plaas haar nou tussen die finaliste wat in November om die nasionale Toyota SA/Agri SA Jongboer van die Jaar-titel meeding. Op Berg en Dal in Bokfontein, aan die voet van die Magaliesberg, produseer Van Deventer en haar span jaarliks meer as vyf miljoen krisantstingels op sowat 3,5 ha. Ongeveer 25 variëteite word in agt klimaatbeheerde tonnels verbou, wat dit moontlik maak om regdeur die jaar te plant en te oes. Die blomme word onder meer aan Woolworths gelewer, terwyl ander volumes deur die Johannesburgse blommemark en markte in Kaapstad en Durban versprei word. Sowat 80% van die produksie word plaaslik bemark en die res word uitgevoer. Dit is ’n hoogs gespesialiseerde onderneming waar produksiebeplanning, gehalte, tydsberekening en markvraag nou saamhang. Van kleins af tussen blomme Van Deventer se verbintenis met die blombedryf strek terug na haar kinderjare. Sy is in Nederland gebore en het as tweejarige …
Gebalanseerde beskerming wat druiwe tot by hul bestemming in topgehalte hou. Suid-Afrika se tafeldruifbedryf is gebou op kundigheid, veerkragtigheid en vrugte van wêreldgehalte. Elke seisoen moet produsente en pakhuise egter een van die uitdagendste na-oesreise ter wêreld hanteer.
Die 2026 Standard Bank Chenin Blanc Top 10 Challenge het vanjaar weer die gehalte, diversiteit en internasionale aansien van Suid-Afrikaanse Chenin Blanc in die kollig geplaas.
Bertus Joubert is aangewys as TLU SA se Jongboer van die Jaar vir 2026. Ná tien jaar in Australië het hy na Suid-Afrika teruggekeer en JSA Farms in die Hartbeesfontein-omgewing opgebou tot ’n gediversifiseerde boerdery met ’n sterk fokus op mense, bestuur en langtermyngroei.