All posts filed under: Agri Biz People

Vyf miljoen blomme en nou ’n plek in die nasionale eindronde

Die 36-jarige blomprodusent Joy van Deventer van Berg en Dal Kwekery naby Brits het geskiedenis gemaak as Agri Noordwes se eerste vroulike Jongboer van die Jaar. Haar provinsiale oorwinning plaas haar nou tussen die finaliste wat in November om die nasionale Toyota SA/Agri SA Jongboer van die Jaar-titel meeding. Op Berg en Dal in Bokfontein, aan die voet van die Magaliesberg, produseer Van Deventer en haar span jaarliks meer as vyf miljoen krisantstingels op sowat 3,5 ha. Ongeveer 25 variëteite word in agt klimaatbeheerde tonnels verbou, wat dit moontlik maak om regdeur die jaar te plant en te oes. Die blomme word onder meer aan Woolworths gelewer, terwyl ander volumes deur die Johannesburgse blommemark en markte in Kaapstad en Durban versprei word. Sowat 80% van die produksie word plaaslik bemark en die res word uitgevoer. Dit is ’n hoogs gespesialiseerde onderneming waar produksiebeplanning, gehalte, tydsberekening en markvraag nou saamhang. Van kleins af tussen blomme Van Deventer se verbintenis met die blombedryf strek terug na haar kinderjare. Sy is in Nederland gebore en het as tweejarige …

Van Perskesnippers tot Spekboomblatjang: Rekordgetal Preserveerprodukte Beïndruk met tradisie én Innovasie

Die tweede Suid-Afrikaanse Preserveerkampioenskappe, aangebied deur Agri-Expo, het Woensdag 29 Julie by Eensgezind buite Durbanville nuwe hoogtes bereik toe 85 vervaardigers ‘n rekordgetal van 700 gepreserveerde vrugte- en groenteprodukte vir beoordeling ingeskryf het. Vanjaar is die inskrywings deur ‘n paneel van 61 beoordelaars in meer as 100 klasse beoordeel, van konfyte, marmelades, blatjang en piekels tot pesto’s, olywe en ander vernuwende skeppings.

Die fyn kuns van die veiling

Vir Vincent Pike is ’n goeie veiling nie net ’n vinnige tong en ’n sterk stem nie. In die lewendehawebedryf verg dit markkennis, diere-oordeel en die vermoë om binne sekondes die regte besluit te neem. Wanneer ’n lewendehaweveiling aan die gang is, lyk dit vir die oningewyde dalk soos ’n vinnige spel van nommers, handgebare en ritme. Maar vir Vincent Pike, vanjaar se SA Nasionale Veilingskampioen, is daar baie meer op die spel as net die volgende bod. As lewendehaweveilingsmeester by Vleissentraal Bethlehem werk hy daagliks in ’n omgewing waar pryse, dieregehalte, markvraag en menseverhoudings almal tegelyk gelees moet word. Dit is juis dié kombinasie van tegniese kennis en mense-instink wat hom vanjaar weer die hoogste eer in die South African Institute of Auctioneers (SAIA) se SA Nasionale Veilingskampioenskap besorg het. Die ring vra kennis en ritme Pike, wat reeds in 2024 as SAIA se Veilingsmeester van die Jaar aangewys is, het vanjaar weer teen topveilingsmeesters van regoor die land meegeding. Die kampioenskap is onlangs by die Wanderers Club in Johannesburg aangebied, waar deelnemers verskeie …

Francois Rossouw bekroon as 2025 se Toyota SA/AgriSA Jongboer van die Jaar!

Francois Rossouw van Mooigezicht Estates in die Hexriviervallei is pas aangewys as 2025 se Toyota SA/AgriSA Jongboer van die Jaar. Francois boer saam met sy familie op Mooigezicht Estates in die Hexriviervallei op sowat 400 ha produksiegrond, waar hulle spesialiseer in ’n verskeidenheid tafeldruifkultivars. As jong boer wat verantwoordelik is vir alle fasette van die helfte van hul onderneming se produksiepraktyke, rus daar ’n reuse-verantwoordelikheid op sy skouers.