Glansryke grasie langs groen weiding op Fordoun
Die Skotsman wat toentertyd die plaas gevestig het, sal vandag baie trots wees op die elegante Fordoun Hotel en Spa wat gaste uit alle oorde se sinne op verskeie maniere streel.
Die Skotsman wat toentertyd die plaas gevestig het, sal vandag baie trots wees op die elegante Fordoun Hotel en Spa wat gaste uit alle oorde se sinne op verskeie maniere streel.
Jannie en Katrin was aanvanklik beide geoloë werksaam in Namibië. Vaste joppe met dienooreenkomstige salarisse wat hulle verruil vir die wisselvallige bestaan van boerdery. Om seker te maak hulle word nie verveeld nie, gooi hulle die organiese spanner in die werke.
‘n Troeteldieretuin kan ‘n wonderlike manier wees om besoekers na jou plaas te lok, veral as jy reeds verblyf bied, of plaasprodukte het wat jy direk aan die publiek bemark.
Met helder sterre bo hulle – en soms bedek met ʼn sneeukombers – voer Nicol en Marina van der Merwe teen die Roggeveldberge se kranswand ʼn bestaan met skaap, alpakkas en akkommodasie.
Laatmiddag sit ek saam met Danie en Flippie onder Khamkirri se driester lodge (vir my lyk dit nader aan vyfster te wees) se grasafdakke om die breë, hoefystervormige kroeg wat eweneens oor die rivier uitkyk. Visarende doen weer eens wat visarende doen en ons doen wat regdenkende mense om kroeë doen: teug aan nie-alkoholiese drankies en voer sinvolle gesprekke aangaande landboutoerisme.