Van Australië terug plaas toe
Bertus Joubert is aangewys as TLU SA se Jongboer van die Jaar vir 2026. Ná tien jaar in Australië het hy na Suid-Afrika teruggekeer en JSA Farms in die Hartbeesfontein-omgewing opgebou tot ’n gediversifiseerde boerdery met ’n sterk fokus op mense, bestuur en langtermyngroei.






