Month: April 2020

Die ander mooi van Namakwaland

Annabe en haar oorlede man, Kruger, het in 1991 op die plaas Zonnekwa begin boer. Hulle was voorheen aan die polisie op Kleinsee verbonde. Sy vertel dat hulle vrek swaargekry het. “Ons het nie eers ’n bakkie gehad nie, net ’n ou Mazda-karretjie, maar ons was saam en gelukkig,” sê sy. Hy is tien jaar gelede oorlede en sy het aangebly.