Premier se skikkingsaanbod laat boere duisende rande kort
Die sluiting van Premier se inmaakfabriek op Tulbagh laat inmaakvrugteprodusente met groot finansiële onsekerheid, terwyl die oesseisoen reeds aan die gang is. Volgens landbou-organisasies skiet die maatskappy se skikkingsaanbod vir gekontrakteerde perskes na raming R32 500 per hektaar tekort om produksiekoste te dek wat reeds aangegaan is.





