Organiese bessiekonfyt vat die kroon by SA Preserveerkampioenskappe
’n Handgemaakte organiese bessiekonfyt het die eerste plek behaal uit 700 inskrywings van 85 vervaardigers by die Suid-Afrikaanse Preserveerkampioenskappe, aangebied deur Agri-Expo.
’n Handgemaakte organiese bessiekonfyt het die eerste plek behaal uit 700 inskrywings van 85 vervaardigers by die Suid-Afrikaanse Preserveerkampioenskappe, aangebied deur Agri-Expo.
Die tweede Suid-Afrikaanse Preserveerkampioenskappe, aangebied deur Agri-Expo, het Woensdag 29 Julie by Eensgezind buite Durbanville nuwe hoogtes bereik toe 85 vervaardigers ‘n rekordgetal van 700 gepreserveerde vrugte- en groenteprodukte vir beoordeling ingeskryf het. Vanjaar is die inskrywings deur ‘n paneel van 61 beoordelaars in meer as 100 klasse beoordeel, van konfyte, marmelades, blatjang en piekels tot pesto’s, olywe en ander vernuwende skeppings.
Ná die sukses van 2025 nooi Agri-Expo plaaslike vervaardigers om hul beste gepreserveerde produkte op ’n nasionale verhoog ten toon te stel deur in te skryf vir die tweede jaarlikse Suid-Afrikaanse Preserveerkampioenskappe.
‘n Handgemaakte burrata van Puglia Cheese in Somerset-Wes is as die 2026 Suid-Afrikaanse Suiwelproduk van die Jaar aangewys tydens die SA Suiweltoekennings wat Donderdag 23 April by Nederburg in die Paarl plaasgevind het.
Agri-Expo, in vennootskap met Hollard, doen ’n beroep op die suiwelbedryf om jong uitblinkers vir die derde jaarlikse Hollard Game Changer-toekenning te benoem. Die toekenning vereer uitsonderlike talent wat reeds ’n tasbare verskil in die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf maak.
Inskrywings het geopen vir die 2026 Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe, en Agri-Expo nooi suiwelvervaardigers regoor die land om in te skryf vir die 193ste aanbieding van Afrika se oudste en grootste suiwelkompetisie.
Agri-Expo en die Wes-Kaap is trots om die wêreld van landbou in Suid-Afrika te verwelkom vir die 31ste Statebond-Landboukonferensie, wat van 1 tot 5 November 2026 by die Century City Konferensiesentrum in Kaapstad aangebied word.
’n Tradisionele gunsteling, makataanwaatlemoen, het opnuut gewys waarom dit ’n plek in die Suid-Afrikaanse kombuis verdien. Compagniesdrift se Makataan Chunks is Dinsdag 19 Augustus 2025 by Lanzerac in Stellenbosch as die eerste Suid-Afrikaanse Preserveerproduk van die Jaar aangewys.
’n Nuwe era vir plaaslike preserveerprodukte is Woensdag 23 Julie ingelui met die beoordeling van die eerste Suid-Afrikaanse Preserveerkampioenskappe by Eensgezind buite Durbanville. Met 456 inskrywings van 66 vervaardigers – meer as dubbel soveel as verwag – is dit duidelik dat die tyd ryp is vir nasionale erkenning van gehalte gepreserveerde produkte.
Agri-Expo brei sy tradisie van uitnemendheid uit met die Suid-Afrikaanse Preserveerkampioenskappe – ‘n splinternuwe kompetisie wat in Mei 2025 afskop en die kollig plaas op topgehalte preserveerprodukte, van ingelegde vrugte tot piekels en konfyt. Hierdie splinternuwe kompetisie, wat in Mei 2025 begin, gaan alles oor topgehalte preserveerprodukte – van ingelegde vrugte tot piekels en konfyt.