All posts filed under: Female Farmers

Ivan Snyman se pad van Boksombende- held tot landbouinnovasie

Rooie? Is dit werklik jy?Inderdaad. Ivan Snyman bevestig hierdie verrassing deur met trots ’n foto op sy selfoon te wys. Daar pronk hy met die bekende bosrooi hare saam met sy mede-Boksombende- lede: Trompie, Rooie, Dawie en Blikkies. Die rooi hare is nou grys, maar die stout trek om die mond en in die oë bly behoue. Die logiese vraag: hoe loop ’n 15-jarige kind se lewenspad vanaf akteur, gebore en getoë in Roodepoort, tot by boer buite Vredenburg? Alvorens daarby uitgekom word, eers die geskiedenis van die plaas Snyman Landgoed. Wel, Ivan en sy wederhelf Antoinette trek vanaf Johannes- burg na Melkbosstrand. Die kusdorp word egter te groot en besig vir die twee, en hulle maak ander planne. Hierdie besigheid in Johannesburg? Die volgende verras- sing: Ivan bou kragstasies. “Met lockdown het ek permanent hier kom woon, maar het steeds die besigheid daar bo.” Bo en behalwe die 15 ha, huur hy nog 140 ha in die nabyheid. Hy produseer vrywei-hoendereiers en skaap. Vervolgens word voer aangeplant waarvan voerpillevir die skaap op die plaas …

Lamb Champs: Chrisna Vermeulen stap met louere weg as 2024 se Karoo-kampioen

Die 2024 Karoo Lamb Champs is vanjaar gehou in die historiese Pastoriestraat in Graaff-Reinet, en het weereens die uitsonderlike kwaliteit en erfenis van Suid-Afrikaanse lamsvleisproduksie ten toon gestel. Dié geleentheid, ’n viering van die beste Karoo-lam, is afgesluit met Chrisna Vermeulen wat as die uiteindelike kampioen gekroon is vir die vervaardiging van die lekkerste lam van die jaar.

Blouberg Stalle klim die perd reg op

Ons wag buite op moeder owerste, Marlize Steyn en sien ook haar- en skoonheidsalonne. Hierdie geriewe is daar om die ma’s wat hul kinders vir perdrylesse bring te pamperlang. In Maart open tot ʼn veearts die deure om na diere met kwale om te sien. Ruiters, gepas geklee in knap rybroeke en -stewels, lyk soos sorgelose huppelende karakters uit ʼn Disney-fliek. Die drie instrukteurs is jonk en asembenemend fatsoenlik. Die perdespring- en oefenarenas is simmetries uitgelê, helderkleurig en word op die oog af elke dag gepoets. Selfs die stalwerkers is sexy.