All posts filed under: Female Farmers

Vyf miljoen blomme en nou ’n plek in die nasionale eindronde

Die 36-jarige blomprodusent Joy van Deventer van Berg en Dal Kwekery naby Brits het geskiedenis gemaak as Agri Noordwes se eerste vroulike Jongboer van die Jaar. Haar provinsiale oorwinning plaas haar nou tussen die finaliste wat in November om die nasionale Toyota SA/Agri SA Jongboer van die Jaar-titel meeding. Op Berg en Dal in Bokfontein, aan die voet van die Magaliesberg, produseer Van Deventer en haar span jaarliks meer as vyf miljoen krisantstingels op sowat 3,5 ha. Ongeveer 25 variëteite word in agt klimaatbeheerde tonnels verbou, wat dit moontlik maak om regdeur die jaar te plant en te oes. Die blomme word onder meer aan Woolworths gelewer, terwyl ander volumes deur die Johannesburgse blommemark en markte in Kaapstad en Durban versprei word. Sowat 80% van die produksie word plaaslik bemark en die res word uitgevoer. Dit is ’n hoogs gespesialiseerde onderneming waar produksiebeplanning, gehalte, tydsberekening en markvraag nou saamhang. Van kleins af tussen blomme Van Deventer se verbintenis met die blombedryf strek terug na haar kinderjare. Sy is in Nederland gebore en het as tweejarige …

Die vonkel van volharding: Elize-Gerda Beukes se liefde vir die land

‘n Vonkel in die oog beteken gewoonlik opgewondenheid en afwagting op iets goeds wat kan gebeur. Dit vertel ook soms die verhaal van ondeundheid en ‘n ligtelike uitkyk op die lewe. Maar as jy die vonkel in die oë van Elize-Gerda Beukes sien, vertel dit ‘n heel ander verhaal. Daardie verhaal is een van deursettingsvermoeë, passie, doelgerigtheid en ‘n liefde vir die boerdery. Veral vir vee en die wingerde wat haar oupa al hier op Skaapeiland geplant het – lank gelede in die 1930’s.

Ouma Se Huis-olyfboerdery kry top toekenning vir Charisma 2 Delicate

Charisma, ’n ekstra suiwer olyfolie uit Calitzdorp in die Klein-Karoo, is pas aangewys as een van die 2024 Absa Top 10 Olyfolies. Dis die Charisma 2 Delicate wat die eer gekry het – ’n produk van Ouma Se Huis Boutique Olive Estate, ’n plaas met diep familiegewortelde geskiedenis en ’n passie vir gehalte.

Ivan Snyman se pad van Boksombende- held tot landbouinnovasie

Rooie? Is dit werklik jy?Inderdaad. Ivan Snyman bevestig hierdie verrassing deur met trots ’n foto op sy selfoon te wys. Daar pronk hy met die bekende bosrooi hare saam met sy mede-Boksombende- lede: Trompie, Rooie, Dawie en Blikkies. Die rooi hare is nou grys, maar die stout trek om die mond en in die oë bly behoue. Die logiese vraag: hoe loop ’n 15-jarige kind se lewenspad vanaf akteur, gebore en getoë in Roodepoort, tot by boer buite Vredenburg? Alvorens daarby uitgekom word, eers die geskiedenis van die plaas Snyman Landgoed. Wel, Ivan en sy wederhelf Antoinette trek vanaf Johannes- burg na Melkbosstrand. Die kusdorp word egter te groot en besig vir die twee, en hulle maak ander planne. Hierdie besigheid in Johannesburg? Die volgende verras- sing: Ivan bou kragstasies. “Met lockdown het ek permanent hier kom woon, maar het steeds die besigheid daar bo.” Bo en behalwe die 15 ha, huur hy nog 140 ha in die nabyheid. Hy produseer vrywei-hoendereiers en skaap. Vervolgens word voer aangeplant waarvan voerpillevir die skaap op die plaas …

Lamb Champs: Chrisna Vermeulen stap met louere weg as 2024 se Karoo-kampioen

Die 2024 Karoo Lamb Champs is vanjaar gehou in die historiese Pastoriestraat in Graaff-Reinet, en het weereens die uitsonderlike kwaliteit en erfenis van Suid-Afrikaanse lamsvleisproduksie ten toon gestel. Dié geleentheid, ’n viering van die beste Karoo-lam, is afgesluit met Chrisna Vermeulen wat as die uiteindelike kampioen gekroon is vir die vervaardiging van die lekkerste lam van die jaar.