Lees nou aanlyn
Kry jou gunsteling landbou en leefstyl tydskrif nou by een van 160 landbouwinkels en koöperasies nasionaal. Lees intussen die digitale weergawe.
Kry jou gunsteling landbou en leefstyl tydskrif nou by een van 160 landbouwinkels en koöperasies nasionaal. Lees intussen die digitale weergawe.
Die wenners van die 12de jaarlikse Shiraz SA Challenge is deur Shiraz SA bekend gemaak, met ses oesjare uit ‘n wye verskeidenheid streke wat presteer het. Finaliste en bekendes in die wynbedryf het op Donderdag 15 Augustus 2024 in die Paarl vir die toekenningsgeleentheid by Simonsvlei Wynkelder byeengekom. Die hoofborg was Vinventions, wat reeds etlike jare by Shiraz SA betrokke is.
Aan die voet van Kasteelberg neffens Riebeek-Kasteel is daar ‘n klein olyfboerdery wat ‘n gróót verskil maak. Die Goedgedacht Trust boer al drie dekades met hoop én impak om die Swartland ‘n beter plek te maak vir landelike gemeenskappe. Vanjaar is dié olyfboerdery geseën met ‘n rekord-oes.
Die daaglikse optredes deur die bekende Suid-Afrikaanse Lipizzaners sal weer ‘n hoogtepunt van NAMPO Kaap 2024 wees. Die dansende hingste en hul bekwame ruiters het besoekers by NAMPO Kaap 2023 betower.
Vergenoegd Löw, the low-lying Stellenbosch estate a pebble’s throw from the sea, is maximising the advantage of its location by working with, rather than against nature. According to MD Corius Visser, this entails an increasing focus on regenerative agriculture to build soil health and biodiversity, and to enhance the climate-resilience and fruit quality of its new-generation vines.
Goeie nuus vir OBARO se aanlyn-kliënte. Vanaf 1 Augustus 2024 gaan dit soveel makliker wees om die aanlynplatform te gebruik om inkopies te doen. OBARO Online is OBARO se winkel, net op jou rekenaar.
In Augustus 2023 het die Amerikaner Alex Harrell die beste soja-oes in die geskiedenis van landbou op sy plaas in die staat Georgia aangeteken. Die opbrengs van 13.9 ton/ha was beduidend meer as die vorige wêreldrekord wat Randy Dowdy, wat in dieselfde staat boer, in 2019 opgestel het.
Stygende aartappelpryse wat aan die einde van 2023 gesien is, kan die nuwe realiteit word as watergebruiksbeperkings op boere in die Wes-Kaap se Sandveld-gebied ingestel word.