farmers
comment 1

Hoe litium-ioonkrag produktiwiteit in landboubedrywighede bevorder

In landboubedrywighede is daar gedurende die piekseisoen min ruimte vir stilstand. Wanneer oes- en vrugtehanteringsbedrywighede op volle kapasiteit funksioneer, tel elke uur. Betroubare toerusting kan die verskil beteken tussen by aanvraag by te bly of agter te raak.

In landboubedrywighede is daar gedurende die piekseisoen min ruimte vir stilstand. Wanneer oes- en vrugtehanteringsbedrywighede op volle kapasiteit funksioneer, tel elke uur. Betroubare toerusting kan die verskil beteken tussen by aanvraag by te bly of agter te raak.

Danie Loubser van Witzenberg Properties, sê die oes-seisoen begin vroeg in Januarie met uie, gevolg deur pere en daarna appels, en duur tot middel-Mei.

“Die besigste tyd is in Februarie en Maart, wanneer die oes van rooi appels besonder vinnig verloop. Gedurende die piekseisoen kan ons tot 1 000 kratte per dag oes.”

By die vrugtestoor kom die geoesde vrugte op kratwaens aan, waar dit afgelaai, gesorteer en daarna weer op vragmotors gelaai word. Dit is in hierdie veel-eisende omgewing waar battery-aangedrewe toerusting ’n belangrike rol speel.

Die keuse van litium-ioonbatterye

Die onderneming het Industrial Power as verskaffer gekies op grond van die voorgestelde battery- en laaieroplossing, mededingende pryse en die verwagting van betroubare naverkoopdiens en waarborgdekking.

Die oorskakeling het ’n beduidende verandering meegebring in die manier waarop die toerusting gedurende die werksdag bestuur word.

Minder instandhouding, groter buigsaamheid

Een van die grootste voordele van die litium-ioonoplossing is dat die battery tydens natuurlike onderbrekings in die werksdag tussentyds gelaai kan word.

In plaas daarvan om bedrywighede te onderbreek om ’n pap battery te verwyder en met ’n gelaaide een te vervang, kan die battery vinnig bykomend gelaai word wanneer nodig.

Volgens Danie sluit die voordele van die litium-ioonbattery min instandhouding in, asook die vermoë om dit binne tien na twintig minute vinnig bykomend te laai sonder dat batterye omgeruil hoef te word.

“Hierdie buigsaamheid is veral gedurende die piekseisoen waardevol, wanneer die toerusting van vroegoggend tot laatmiddag hard werk.

“’n Tipiese dag gedurende die piekseisoen begin om 06:00, wanneer ons vragmotors begin laai. Daarna kom die oeswaens aan om afgelaai te word, terwyl vragmotors deur die loop van die dag gelaai word. Teen middagete om 12:30 het die battery gewoonlik nog sowat 30% kapasiteit oor. Ná ’n uur se laai is dit weer op ongeveer 85%, wat ons in staat stel om die bedrywighede deur die middag voort te sit.”

Langtermynvoordele en laer totale eienaarskapskoste

Onder normale omstandighede kan die span hul werk afhandel sonder om batterye om te ruil, terwyl die instandhoudingsbehoefte baie laag is.

“Hoewel dit nog te vroeg is om met sekerheid te sê, verwag ons dat die kostebesparings van ons belegging in die litium-ioonbattery aansienlik sal wees, veral as dit tien jaar hou.

“Vir eers lê die besparing in die korter laai-tye, wat lei tot groter doeltreffendheid en hoër produktiwiteit. Boonop is die tyd wat ons voorheen aan die instandhouding van loodsuurbatterye bestee het, iets van die verlede.”

Jaco Weideman, hoofbestuurder van Industrial Power, sê belegging in die regte tegnologie, soos litium-ioonbatterye, kan ’n groter aanvanklike kapitaaluitgawe vereis, maar oor tyd aansienlik laer bedryfskoste meebring.

“Waar aanvanklike kapitaal ’n beperking is, kan finansieringsopsies hierdie waardevolle oplossings meer bekostigbaar maak, terwyl die langtermynvoordele van laer totale eienaarskapskoste steeds verwesenlik word,” sluit hy af.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *