Suid-Afrika se Heerlikste Lam Bekroon by Nampo Alfa
og ’n onvergeetlike hoofstuk in Suid-Afrika se landbougeskiedenis is vanaand geskryf tydens die Lamb Champs Alfa Dinee, aangebied by Nampo Alfa in Bothaville. Voor ’n gehoor van 450 gaste – insluitend boere, borge en ander eregaste is die titel van Lamb Champs 2025 Nasionale Kampioen toegeken aan Hennie Jonker, wie se uitsonderlike lam in elke beoordelingskategorie uitgestaan het, van op-die-hoef-evaluasie tot by die finale proe.





