Month: August 2025

Boere, veeartse, abattoirs en veilinghuise – RMIS wil júlle stem hoor!

Die rooivleisbedryf in Suid-Afrika strek oor ’n wye spektrum van rolspelers – van kommersiële en opkomende boere tot veeartse, voerkrale, abattoirs, veilinghuise en ander belanghebbendes. Elke groep se ervaring en perspektief is uniek, maar almal saam bou aan die toekoms van die bedryf. Daarom het Red Meat Industry Services (RMIS) die grootste peiling nog van stapel gestuur: Red Meat Voice 2025.

Skaaphonde en Boerboelle wys hul slag in Bredasdorp

NAMPO Kaap 2025, wat van 10-13 September by Bredasdorp Park aangebied word, bied vanjaar ’n dinamiese program waar werkende honde die kollig steel. Van die intelligensie van skaaphonde en die krag van Boerboele tot die presisie van die SA Lugmag se honde-eenheid – besoekers kan uitsien na ’n reeks demonstrasies wat die unieke rol van honde in landbou en veiligheid beklemtoon. SA Lugmag se Honde-eenheidDie SA Lugmag se hoogs opgeleide honde wys hul vaardighede in die arena op Woensdag (13:00-14:00), asook op Donderdag- en Vrydagoggende (08:00-09:00). Hierdie diere demonstreer taktiese reaksies en gedragsopleiding wat in werklike operasies gebruik word, en gee besoekers ’n kykie in militêre hondehantering van wêreldgehalte. “Hierdie diere demonstreer taktiese reaksies en gedragsopleiding wat in werklike operasies gebruik word…” SkaaphondprogramTen spyte van tegnologiese vooruitgang, bly werkende honde ’n onmisbare hulp vir boere. ’n Goed afgerigte skaaphond kan ’n skaapboer of sy span help om ’n trop skape of beeste vinnig en sonder spanning te bestuur. Aangebied deur die Suid-Afrikaanse Skaaphondvereniging (SASDA), bied hierdie program opvoedkundige insig in kuddebestuur met interaktiewe vertonings. Besoekers kan ook die gewilde kraaldemonstrasies sien, …

Closing the Loop:Zibo’s 100% rPET Grape and Berry Punnets Redefine Sustainable Packaging

In a world where sustainability is no longer a trend but a necessity, Zibo Containers is proudly leading the charge with its 100% accredited and verified rPET (recycled polyethylene terephthalate) grape and berry punnets – an innovation that blends high-performance packaging with environmental responsibility. As a specialist in thermoformed plastic packaging for fresh produce, Zibo has long been at the forefront of functional, high-quality solutions tailored for the agricultural and retail sectors. But with increasing environmental pressures, the conversation has shifted. It’s no longer just about packaging that works; it’s about packaging that lasts – without lasting forever. The Power of rPET: From Waste to Worth Unlike virgin plastics that rely on fossil fuels, rPET is derived from both post-consumer and post-industrial recycled PET. This includes everyday items such as water bottles and clear food containers, as well as offcuts and scrap material generated during PET production processes. These are collected, sorted, and repurposed to create a sustainable material with second-life potential. Zibo’s 100% rPET punnet range gives this material new purpose – one that …

Oos-Kaapse wenboer André Kritzinger: Begin in die diep kant, dan móét jy swem

André Kritzinger is pas aangewys as die Jongboer van die Jaar in die Oos-Kaap. André staan nou in beheer van hierdie mega-boerdery nadat sy pa, Bokkie, enkele jare gelede tragies in ’n motorfietsongeluk oorlede is en hy noodgedwonge moes inspring. Dit is duidelik dat hy die leisels op Tulpieskraal stewig in albei hande het en presies weet waarheen hy oppad is.

Shiraz SA bekroon 2025 se beste wyne in drie kategorieë

Die wenners van die 2025 Shiraz SA-uitdaging, Suid-Afrika se toonaangewende kompetisie vir Shiraz, Shiraz-gebaseerde versnitte en rosé, is op Donderdag 7 Augustus aangekondig tydens ‘n feestelike toekenningseremonie by Blacksmith’s Estate in die Paarl. Die Challenge het weereens die rykdom, diversiteit en toenemende uitnemendheid van Suid-Afrikaanse Shiraz oor sy vele uitdrukkings gevier.