Suid-Afrika staan voor ’n moontlik rekordsterk El NiñoTrofeejag lewer meer positiewe as negatiewe uitkomste
Die komende somer kan groter droogte-, landbou- en ekonomiese risiko’s meebring namate die klimaatverskynsel versterk.
Die komende somer kan groter droogte-, landbou- en ekonomiese risiko’s meebring namate die klimaatverskynsel versterk.
Wanneer water ’n kosbare hulpbron is, maak die regte damvoering ’n wesenlike verskil. Leoco Damme fokus al 26 jaar op die waterdigting van damme en bied professionele installasies vir boere wat hul water doeltreffend en veilig wil berg.
South African fruit producer-exporters are at a crossroads regarding their frequent shipping opportunities, shorter transit times, transparent actual logistics costs and supply chain visibility.
Planttyd laat min ruimte vir onsekerheid. Die lande is voor-berei, insette is aangekoop en die planter moet loop sodra die toestande reg is. Teen daardie tyd wil ’n produsent weet dat die saad in die planter deeglik getoets is en gereed is om sy deel te doen.
Kry jou gunsteling landbou- en leefstyltydskrif nou by een van 130 landbouwinkels en koöperasies landwyd, of lees die digitale uitgawe hier.
Die belangrikste les uit 170 jaar se navorsing is dat bemesting nie net produksie beïnvloed nie. Dit kan die grond, plantgemeenskappe en biodiversiteit oor geslagte heen verander. Meer voedingstowwe kan hooiproduksie verhoog, maar die verkeerde kombinasie of langdurige hoë toedienings kan die grond versuur en ’n kleiner groep mededingende plantspesies bevoordeel. Die gevolg is dat ’n grasveld wat aanvanklik eenvormig lyk, met verloop van tyd in heeltemal verskillende ekosisteme kan ontwikkel.
Suid-Afrikaners eet jaarliks gemiddeld sowat 37 kg aartappels per persoon, ongeveer 4 kg meer as die wêreldgemiddeld. Verbruik het ook sedert 2007 merkbaar toegeneem, wat die gewas se belangrike plek in plaaslike huishoudings en die voedselwaardeketting bevestig.
“Om 100 jaar in die sitrusbedryf te kan oorleef, verg veerkragtigheid, gedissiplineerde rentmeesterskap en die vermoë om oor generasies heen te ontwikkel.”
Aan die woord is André Nel, besturende direkteur van Goede Hoop Sitrus (GHS) in Citrusdal, wat vanjaar sy 100ste bestaansjaar vier. Die maatskappy is reeds in 1926 gestig en het van ’n beskeie begin tot ’n toonaangewende maatskappy gegroei wat nasionaal en interna-sionaal as ’n leier in die sitrusbedryf beskou word.
Die Suid-Afrikaanse Besproeiingsinstituut (SABI) vier vanjaar ‘n merkwaardige mylpaal – 50 jaar van Besproeiingsinnovasie en Uitnemendheid. Van 3–6 Aug. 2026 kom die besproeiingsbedryf van regoor Suid-Afrika by die Boardwalk Hotel in Gqeberha byeen om hierdie besondere geleentheid te vier, te leer, te netwerk en saam vorentoe te kyk.
Die gekabbel van lopende en vallende water kan een van die heilsaamste elemente van ’n tuin wees. ’n Water-fontein of visdammetjie verfraai nie net ’n tuin nie, maar skep ook ’n ruimte van kalmte. Waterlekke kan egter ’n sierlike tuinelement vinnig in ’n groot kopseer verander. Behoorlike voorbereiding, die regte produkte en voldoende droogtyd is daarom noodsaaklik vir ’n blywende resultaat.